Ivan Botha en Donnalee Roberts gesels oor nuwe kykNET-reeks

Ivan Botha en Donnalee Roberts gesels oor nuwe kykNET-reeks

Een van Suid-Afrika se gunsteling-glanspaartjies deel meer oor hulle nuwe opwindende projek.

Ivan Botha en Donnalee Roberts gesels oor nuwe kykNET-reeks
Supplied

 Die aarde het 'n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In daardie twaalf maande kan geweldig baie, bitter én soet, gebeur.

VIDEO: Ariana Grande addresses changing her voice mid-interview

Die nuwe kykNET-dramareeks, 'Een keer om die son', volg die lief en leed van een familie oor die loop van ’n kalenderjaar. Elk van die twaalf episodes beeld ’n maand in hulle lewe uit. Daar is ook terugflitse om te wys hoe hulle beland het waar hulle is.

'Een keer om die son' is Ivan Botha en Donnalee Roberts, bekend vir trefferflieks soos 'Pad na jou hart', 'Stroomop' en 'Blindelings', se eerste TV-reeks wat hulle onder die vaandel van 17 Films vervaardig het. 

Ivan is die regisseur van 'Een keer om die son', en hy en Donnalee is medeskrywers van die reeks saam met Liani Jansen van Rensburg, Retief Scholtz en Tina Kruger. Donnalee is ook as Amé Cloete te sien in die reeks, wat in en om Kaapstad verfilm is.

LISTEN: Breyton Paulse confirms if braai is better than BBQ

'Een keer om die son' vertel die verhaal van ’n gesin wat op die oog af gelukkig lyk. Ruan van Wyk is 'n neurochirurg en is getroud met Lani van Wyk. Hulle is die ouers van drie kinders: Markus, wat in matriek is, die 15-jarige Leandri en Sophia in graad 1.

Amé Cloete (Donnalee Roberts) is Ruan se suster en 'n suksesvolle finansiële bestuurder. Sy is getroud met Joshua Cloete, die eienaar van ’n kunsgalery. Ruan en Amé se ouers is Sebastian, ’n professor in insekkunde, en Elma, wat haarself besig hou deur vir ander mense te bak. 

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories