Karlien sê sy is 'opreg lief' vir eksman Derick Hougaard
Updated | By The Drive with Rob & Roz
Sanger Karlien van Jaarveld het onlangs oopgemaak oor haar dae in Revolusie, 'n Afrikaanse rockgroep, haar egskeiding van die voormalige rugbyspeler Derick Hougaard, haar sangloopbaan en familie.
As Karlien van Jaarsveld die horlosie kon terugdraai, sou sy dieselfde keuses gemaak het, want sy voel elke mens het 'n roete op hierdie aarde.
So, het die bekende sangeres aan Rian van Heerden vertel in hierdie week se aflewering van 'Laataand by Rian'.
In 'n openhartige gesprek het Karlien vir Rian van Heerden vertel van haar dae in Revolusie, 'n Afrikaanse rockgroep, haar egskeiding van die voormalige rugbyspeler Derick Hougaard, haar sangloopbaan en familie.
VIDEO: Schalk Bezuidenhout thanks fans for support after divorce
Rian het nie doekies omgedraai nie. Hy het dadelik die olifant in die vertrek aangespreek en haar uitgevra oor haar huwelik met Derick Hougaard. Hul paaie het in 2015 geskei, en hulle het twee kinders, Daniël en Eliah.
"Ek dink ek het hierdie behoefte in my om iemand te sien verander. My pa is vir my daai baken van hoop wat rêrig op 'n baie slegte plek was en baie skade aangerig het, en toe herstel het. Ek het gevoel daar is hoop, en ek kan vir Derick help om op 'n plek te kom waar hy homself sou kies. Dit het baie gekos, maar ek het 'n besluit gemaak dat ek nie my kinders deur dieselfde wil sit as waardeur ek is nie," het sy verduidelik.
Rian het verwys na die dokkie-reeks 'Hougaard: Liefling van Loftus' waarin Derick gereeld gesê het sy kinders word van hom weggehou. Karlien het dit egter ontken.
Sy sê hy het só gevoel omdat hy nie geweet het hoe om 'n pa te wees nie.
Ná haar egskeiding het sy vir drie maande by haar ewe bekende broer, Bobby van Jaarsveld, gaan bly. Die kinders het hom pa begin noem, want Derick het geen kontak gemaak nie.
"Ek het nooit besef dat dit só sou uitdraai nie. Ek het alles in my vermoë probeer doen om hom te kry om te commit om 'n pa te wees."
KYK: Oud-Springbok nuwe hoof van rugbyafrigting by Monnas
Maar al was daar al bekers vol trane en moeilike tye, sal Karlien altyd vir Derick 'n plek hou. "Mens weet nooit wanneer 'n verhouding kan herstel nie. Daar sal altyd 'n plek wees vir hom om terug te kom."
Karlien het ook oopgemaak oor haar dogtertjie, Elah, se gesondheid. Elah is in 2018 met 'n lewensgevaarlike toestand gediagnoseer – 'n bloedklont in die poortaar, wat bloed voorsien aan die lewer, milt, maag en pankreas.
Sy het vasgehou aan Jesaja 43 vers 19, maar dit eers 'n hele paar jaar later werklik verstaan.
"Daar is 'n klomp goed wat moes gebeur voordat ek die Skrif kon verstaan. Jesus sê jy moet nie net jou naaste liefhê nie, maar jy moet jou vyand ook liefhê soos jouself. Dis hoekom ek Derick opreg liefhet, al verander hy nie. Ek het nie meer ’n verwagting van hom nie. Sewe maande nadat ek hierdie openbaring gekry het, het ons Elah weer vir ’n skandering van haar buik gevat, en toe is die bloedklont weg."
KYK: Seun laat sosiale media gons met 'Lyfie'-danspassies
En hoe lyk Karlien se pad vorentoe?
Alhoewel sy steeds 'n paar konserte hou, wil sy eintlik net meer tyd met haar familie spandeer.
"Daar kom altyd ’n tyd waar ek voel ek wil klaarmaak, want ek wil meer tyd by die huis wees. My hart is nie vir fame nie. Ek is nie gepla oor die handeklap van mense nie. My huis is soos my hele hart. Dis waar ek wil wees. Dis waar ek veilig voel en gelukkig is.”
Kyk hier:
'Laataand by Rian' is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die episodes is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf/ kykNET
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
LISTEN: The best Rob and Roz interviews from 2024!
The Drive with Rob and Roz have been lucky to share the studio with some...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 21 hours ago -
Dad went in to save the teddy but ended up sludge-faced
The silver lining in this scenario is that mud is said to be great for y...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 22 hours ago