'Knyp my, ek droom' - Demi Lee Moore pryk in New York
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Die Suid-Afrikaanse sangeres en haar aanhangers kon amper nie hulle oë glo nie!

Die land se talent is besig om hulle vlerke wereldwyd te strek en plaaslike aanhangers is bly om te sien dat hulle gunsteling-sterre die internasionale waardeering kry wat hulle verdien.
Demi Lee Moore is 'n sangeres wat al haar plek in die SA musiekindustrie gesement het en selfs al internasionaal opgetree en getoer het.
READ: SA singer Roan Ash talks new music and Nashville inspiration
Met haar ongelooflike stem, betekenisvolle lirieke en bekende treffers, is dit glad nie verbasend dat sy van sukses tot sukses streef nie.
Die sangeres was tog selfs stomgeslaan toe sy 'n foto van haar vriend Willem Botha, uit die VSA ontvang.
READ: Simoné Pretorius oor nuwe fliek: "Ek was absoluut onervare"
Die foto wys Demi Lee lewensgroot op 'n reklamebord wat uitgestal word in die ikoniese Times Square, New York.
Moore het die foto op haar Instagram gedeel en ook geskryf hoeveel hierdie oomblik vir haar beteken:
Demi Lee se naam is in groot, groen letters bo 'n massiewe foto van die sangeres geplaas as deel van 'n Spotify-advertensie.
READ: Kamini Pather shares behind-the-scenes MasterChef secrets
Die reklamebord adverteer die musiekstromingsplatform se EQUAL Africa-program, waarvan Moore die eerste Suid-Afrikaanse musikant is om by aan te sluit.
Sy is ook die eerste Suid-Afrikaanse sangeres wat in Maart as deel van die program bemark word.
Die EQUAL Africa-program se missie is om die kollig op vrouekunstenaars van Afrika te plaas en hulle musiek wêreldwyd bekend te maak.
WATCH: The best cookie dunking and drink combination
Hulle doen so deur saamgestelde speellyste, vennootskappe en spesiale inhoud.
In 2023 was Demi Lee aangewys as een van die Top-Afrikaanse-kunstenaars op Spotify.
Demi Lee Moore het onlangs haar weergawe van 'Outydse Liefde', haar nuutste enkelsnit, op 'Breakfast with Martin Bester' se Friday Live opgetree:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Unique performance art has people confused
What may seem unusual for one is called art for another...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 7 hours ago -
Papachinos: Fun for the whole family
Beyond the exciting kiddie zones, the stylish décor creates an inviting ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 7 hours ago