'KoppieTeeFontein' met Jak de Priester keer terug na kykNET
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Die gewilde kuierprogram 'KoppieTeeFontein', met Jak de Priester as onderhoudvoerder, is terug vir ’n derde seisoen.
Van die gaste in die nuwe reeks sluit in die filmmaker Koos Roets, die sangeres Andriëtte Norman, die skreeusnaakse komediant Alfred Adriaan, die skrywer en sanger Koos Kombuis en Neil Sandilands, die Suid-Afrikaanse akteur wat al meer sy merk in Hollywood maak.
Ek sien baie uit na die derde reeks. Dit vat so rukkie om in die groove van ’n program te kom en ons is beslis nou daar. Een van die belangrikste aspekte van die reeks is die foto’s wat ons uitkrap en wat dan na gesprekke lei. Hierdie foto’s word nie sommer lukraak op die internet opgespoor nie en ons moet ver soek om dit te kry. Veral wanneer dit ’n baie spesiale foto uit die gas se verlede is, gebeur daar iets in hulle gemoed en neem dit die gesprek in ’n sekere rigting.- Jak de Priester
KYK: 'Suidooster'-akteur Theodore Jantjies deel groot baba nuus!
Jak sê dit is vir hom interessant dat die ritueel van tee drink soveel anders is as koffie. "Om tee saam met iemand te drink, is ’n bymekaarkoms, iets wat nie afgejaag kan word nie. Ek het ook die afgelope tyd besef meeste gaste is teedrinkers, dalk juis omdat dit rustiger is. Ek maak ook vir elke gas ’n klein abstrakte kunswerk wat ek gemaak het en dan vir hulle as geskenk gee," sê Jak.
Hy sien 'KoppieTeeFontein' as 'n ongekompliseerde program.
"Dit moet vir die kyker voel of hulle deel van die geselskap is. Ek doen nie juis ure se navorsing nie. Dis net ’n gesprek tussen my en die persoon waar hulle hulle lewens deel. Koos Kombuis het byvoorbeeld oor dinge gepraat waaroor hy nie juis wil praat nie en Neil Sandilands was wonderlik. En dit is presies wat 'KoppieTeeFontein' moet wees. ’n Sielvolle gesprek tussen twee mense met die kykers wat voel asof hulle saam sit."
'KoppieTeeFontein' begin op Vrydag 5 Mei 17:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
WATCH: Lioness saves struggling cub from river
A brave lioness risked her life to save her cub after it was swept away ...
Breakfast with Martin Bester 12 minutes ago -
Green Day changes 'American Idiot' lyrics aimed at Elon Musk
On Sunday, 19 January, Green Day performed in South Africa at the Calaba...
Breakfast with Martin Bester an hour ago