KYK: Demi Lee Moore is swanger!
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Sangeres Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie, het Maandag dié opwindende nuus op sosiale media gedeel.

Die geliefde Suid-Afrikaanse sangeres, Demi Lee Moore en Barthlo Visagie is al 10 jaar saam en het in 2023 getrou.
Ek en Barthlo het in 2014 ontmoet in 'n musiekwinkel waar hy gewerk het. Ek het my eerste kitaar gaan koop. Hy het aangestap gekom, en ek het eerste sy rooi All Stars gesien. Ek het toevallig my pienk All Stars aangehad, en dit was die eerste ding wat ons van mekaar opgemerk het.- Demi Lee Moore
KYK: Demi Lee Moore deel trouvideo in nuwe musiekvideo
Hulle het al saam die wêreld getoer, op verhoë saam musiekgespeel en vele meer.
Nou maak die paartjie reg vir die volgende groot avontuur, ouerskap!
Die 'Die Mooi In Jou'-sangeres het die nuus van haar swangerskap op Instagram gedeel met 'n foto van hulle wat die sonar-foto's vashou:
'Knyp my, ek droom' - Demi Lee Moore pryk in New York
In haar nuutste enkelsnit, 'Die Mooi in Jou', skryf Demi Lee Moore 'n "liefdesbrief" aan haar man, Barthlo Visagie.
"'Die Mooi in Jou' is op 7 Januarie vanjaar op my en my man, Barthlo, se huweliksherdenking geskryf. Ek het dit regtig uit my hart geskryf. Die son skyn altyd deur Bart se oë - hy sien tog net die mooi in my," vertel Demi Lee.
'Die Mooi in Jou' is deel van haar nuutste album, 'Klein Dingetjies,' wat agt pragtige nuwe enkelsnitte bevat.
WATCH: Meghan Markle's wedding day makeup products revealed
Dié album sal vanaf Vrydag, 21 Maart 2025, op alle stroomdienste beskikbaar wees.
Met die nuwe enkelsnit se titel in gedagte, het 'Breakfast with Martin Bester' met Demi en Barthlo gesels oor die mooi wat hulle in mekaar sien en meer uitgevind oor die paartjie se liefdesverhaal.
Hier is wat hulle gesê het:
Wat is Barthlo se mooiste eienskap?
"Sy mooi hart vir mense. Hy wil almal dien. Dit is so spesiaal."
Wat is Demi se mooiste eienskap?
"Haar gesindheid, haar deursettingsvermoë en omgee vir mense."
Wat is julle gunsteling-herinnering saam?
"Toe ons in Parys was en by die Versailles-kasteel gesit het teen 'n muur en net gesels het met 'n biertjie."
Wat is jou grootste wens vir Barthlo?
"Om hom te sien as 'n pa."
Wat is jou grootste wens vir Demi?
"Dat AL haar drome waar word."
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Instagram/ Demi Lee Moore
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
KYK: Demi Lee Moore is swanger!
Sangeres Demi Lee Moore en haar man, Barthlo Visagie, het Maandag dié op...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
WATCH: Meghan Markle's wedding day makeup products revealed
The Duchess of Sussex's make up artist, Daniel Martin, has shared more a...
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago