KYK: Vuiste klap in nuwe TV-reeks 'Moer 'n Boer'!

KYK: Vuiste klap in nuwe TV-reeks 'Moer 'n Boer'!

Is jy gereed vir ’n adrenalienbelaaide kragmeting soos jy in jou lewe nog nie aanskou het nie? Sit jou sitplekgordel aan, dis tyd vir Moer ’n boer!

KYK: Vuiste klap in nuwe TV-reeks 'Moer 'n Boer'!
Moer 'n Boer/YouTube

Die MMA-gevegspromotor Versus-promosies het 12 doodgewone maar rateltaai plaasboere gekies wat spesiaal in die MMA-gevegkuns opgelei word. 

VIDEO: NASA sends first hip-hop song to space

VIA-kykers kan dié spulletjie se transformasiereis oor 12 episodes van pure aksie volg.

Die boere sweet darem nie vir spek en bone tydens dié harde oefensessies nie; al 12 maak reg om mekaar die stryd aan te sê tydens ’n amateur MMA-geveg op 14 September by die Heartfelt-arena in Pretoria, waar die vuiste gaan klap voor ’n regstreekse gehoor. 

Die 12 boere sal mekaar in ses gevegte die stryd aansê, en daar wag boonop drie amateur-titelgevegte en vier professionele gevegte tussen onder andere Niel “Steel” du Plessis en Stefan “Mr Kick” Pretorius.

VIDEO: Capetonians surf down hill after bad weather

En natuurlik sal VIA-kykers kan saamkyk. "Die boer wat die beste performance van die aand gelewer het, word as algehele kampioen gekroon,” sê die reeks se vervaardiger en Versus-president, Janneman van den Berg. 

Sy vennoot, die bantam-gewig UFC-vegter Cameron Saaiman staan reg as aanbieder van die reeks. 

Hy sal sorg dat ons meer leer oor elk van die boere se onderskeie agtergronde, persoonlikhede en motiverings om op 14 September die paal te haal.

READ: Princess surprises husband by announcing divorce on Instagram

Hy het Cameron geskakel met die idee vir Moer ’n boer in sy kop, vertel Janneman. Dit was ’n geleentheid om gevegskuns in die Afrikaanse gemeenskap te bevorder. 

Toe die lokprent sê, “’n boer is ’n taai ding”, het sy en die VIA-span heelhartig saamgestem, sê kanaalhoof Azelia Morkel. 

“Ons het geweet dat ons deel hiervan moet word en saam met die res van die land kan ons nie wag om te sien hoe die boere voorberei en nie net op die landery uitblink nie, maar ook vrugte oes in die kryt.”

Kyk die lokprent hier:

Volg dié boere se reis na die bokskryt in Moer ’n boer op VIA (Dstv-kanaal 147) vanaf 25 Julie.

Episodes saai Donderdae om 20:00 uit met heruitsendings Saterdae om 21:00.

Ontmoet die boere:

Steph Meintjes (27) van Brits

Hy boer met groente en bees op die Meintjieskroon Boerdery, het op die plaas grootgeword en as kind baie tyd saam met sy pa in die landerye deurgebring. Boerdery het dus ’n groot liefde geword. “Elke dag het maar sy uitdagings, die werksure is lank en daar is fisies baie werk. Maar om in die natuur te werk, regverdig alles,” sê hy. Steph sien sy deelname aan die program as die geleentheid van ’n leeftyd. En hoekom moet mense juis vir hom stem? “Wenners, wenners, wenners sal ons wees.”

Ernst Meintjes (30) van Brits

Hy begin sy dag met die Bybel en gebed, sê Ernst Meintjies van die Meintjieskroon Boerdery waar daar met groente en beeste geboer word. “Jy is 100 persent afhanklik van die natuur. Jy voel naby aan jou Skepper want omstandighede dwing jou baie keer op jou knieë. Om ’n boer te wees, is ’n leefstyl en nie ’n beroep nie.” Hy hou nie juis van verloor nie en enige aanmoediging sal hom motiveer, sê Ernst. “Wen is alles. Ek was vriendelik verplig deur ons boerevereniging om deel te neem, maar ek sê nie maklik nee vir ’n uitdaging nie.” Hy maak reg om dié splinternuwe uitdaging sy alles te gee. “En om beter daaruit te stap as in – fisies én geestelik. Ek het eers ’n groot wanpersepsie gehad van die sport maar ná ’n paar oefensessies het ek baie respek daarvoor gekry.

Lambertus Scheepers (30) van Brits

Lambertus van die plaas Modelpak op Brits boer met skape en groente. Hy is ’n boer in murg en been, vertel hy. Hy meen sy grootste ondersteuners is sy vrou, Modelpak se mense en dan ook die hele gemeenskap van Brits Jong-Boerevereniging. Hy glo hy sal die pyp kan rook. “Want hoekom wil die mense vir iemand skree wat gaan verloor?” Sy doelwit is om sommer baie fiks te word, maar hy besef dit gaan nie ’n maklike lewe wees met dié dat die boerdery hom tot laatnag besig hou nie. “Jy stap soggens by die huis uit terwyl dit nog donker is buite en kom donker terug. Dan moet ’n mens tyd maak vir jou kerk en jou gesin ook.” Daarom haal hy sy hoed af vir die professionele MMA-vegters. “Dis glad nie maklik nie. Jy moet baie oefen vir ’n paar minute se baklei.”

JW Bergh (25) van Potchefstroom

JW boer met bees en wild op die Kromdraai-plaas op Potchefstroom en sy pa het hom geïnspireer om self te begin boer. Hoe lyk ’n dag in sy lewe as boer? “Ek begin deur grensdrade te ry, kyk na die beeste en soek vir kallers, en as alles reg is, doen ons algemene instandhoudingswerk by die oord.” Hy het ingestem om deel te neem ten einde uit sy gemaksone te kom en ook om aan homself ’n punt te bewys, sê JW. Hy het sy siening van MMA verander nadat hy self by die sport betrokke geraak het. Die mense waarmee ons te doen het, is sout van die aarde.” Sy vrou, familie, vriende en kinders staan bankvas agter hom, vertel Ernst. “Hoewel ek nie dink my kinders weet dat hulle pa gemoer gaan word nie.”

Dandre Prinsloo (25) van Ventersdorp

Dandre is ’n bees- en saaiboer op die plaas Hotspot Cattle en die boerdery is vir seker in sy bloed. “Soos party mense gebore word met ’n mooi stem of ’n kunstalent, is ek gebore met die gawe om te boer.” Dandre is ’n stil ou, maar glo sy houe in die kryt sal die praatwerk doen. “Sakke laai maak jou taai en ook om agter die beeste aan te hardloop – dit gee jou uithouvermoë. Ek is opgewonde om te sien waartoe ek in staat is. Ek wil nog ’n paar kilo’s verloor, die houe kan vat en ook kan uitdeel.”

Drikus Jacobs (30) van Hartswater

Jy sal Drikus by die Beytell Boerdery op Hartswater aantref waar daar met pekanneute en lusern geboer word. Hy gaan deelneem omdat hy glo daar vind geen groei binne jou gemaksone plaas nie. “Watter beter geleentheid as om jouself in die hok met ’n medeboer toe te sluit en soos 2,000 jaar gelede te kyk wie bly staande? Yster slyp net yster.” Hy glo sy uithouvermoë as boer sal in sy guns tel. “Ek wil graag die basics van vegkuns bemeester. MMA-vegkuns is baie tegnies en gekompliseerd.”

Etienne Erasmus (27) van Pekanhoek

Pekanverwerking en uitvoer is hoofsaak op die plaas Pekanhoek in die Noord-Kaap. Etienne se passie vir boerwees het eers met die tyd ontwikkel, sê hy. Hy is nie gepla of mense vir hom langs die kryt gaan skree of nie, want Etienne maak reg om sy beste te gee ongeag wat rondom hom gebeur. Hy het ingestem om in die kryt te klim want daar wag nuwe geleenthede en uitdagings, sê Etienne. Hy was maar nog altyd beïndruk met dié sport en sien daarna uit om nuwe vaardighede aan te leer wat kan help met alledaagse uitdagings.

Jannie Nel (34) van Jan Kempdorp

Sy passie vir boer is vasgelê deur sy pa en oupa wat die Stokstert Boerdery deur jare met deernis en geloof aan die gang gehou het, meen Jannie. “Die pekanneut-oesseisoen is om die draai, so ons is stadig maar seker besig om die boorde en implemente reg te kry.” Sy grootste ondersteuner is “sonder twyfel” sy vrou. “Sy is die een wat my aangemoedig het om in te skryf.” Hy dink dit gaan ’n heerlike nuwe ervaring vir al die boere wees. “So skree vir ons almal, nie net vir my nie. Ek volg UFC nou al ’n ruk lank en het altyd gedink dit kan lekker wees om te doen, en toe die geleentheid opduik, kon ek dit glad nie van die hand wys nie. “Ek weet darem hoe dit voel om geskop te word in ’n drukgang as diere nie wil saamwerk nie, so dan vat ’n mens maar die houe wat kom om die werk klaar te kry. Ek wil betyds fiks raak om al drie rondes uit te hou; dit sal my grootste uitdaging wees. Die MMA-manne kan vasbyt, selfs al is dit hóé seer en taai. En opgee is nie ’n opsie nie.”

Riaan Gouws (35) van Naauwpoort

By die Gouws-boerdery op Naauwpoort word daar met patats en hoenders geboer en Riaan glo vas dis maar ’n ding waarmee jy gebore word. Intussen oefen hy hard want Riaan glo hy kan ook hopelik vir iemand anders ’n inspirasie wees. “Ek wou vir ’n paar jaar al ’n rede hê om fiks te kan word en toe my vriende my vra om deel te neem, het ek dit as ’n goeie motivering gesien. Ek dink omdat ons as boere daagliks met harde arbeid besig is, kan dit net tot ons voordeel strek.” Sy doelwit is om weer fiks te voel. “Dan kan ek moontlik gesonder lewe vir die oudag. Min mense weet watter tyd en moeite dit verg om deel te kan wees van hierdie sport.”

David Louw (37) van Secunda

Hy boer maar nog net drie jaar lank by Agua Agri op Secunda waar daar in akwaponika gespesialiseer word, maar David “Snowflake” Louw sien homself as ’n boer met ambisie. Na twintig jaar in die mynbedryf het hy begin leer om te boer en nou is hy absoluut verslaaf. “Dit bring ook vir my genesing as mens. Dit het nou ’n passie en liefde gekweek wat ek nog net vir musiek gehad het. En as jy vir my skree op die groot aand, skree jy vir ’n wenner. Daar is in elke man ’n dryfveer om altyd jouself te meet teen ’n ander, en om man teen man te staan, is altyd lekker. MMA-vegkuns is ’n kuns om te bewonder.”

Zac Steyn (24) van Pretoria

By die Glundenvrug Angus-stoetplaas in Pretoria gaan dit oor Angus-beeste, droë veroudering, ontbening en verwerking. Dis hier waar Zac Steyn daagliks sy ding doen. “Dis my missie om te verstaan hoe ons die beste moontlike beesvleis van plaas tot vurk kan verbou. Elke proses interesseer my baie en ek wou nog altyd iets in my geboorteland bou. Ek voel trots, ons gee terug aan ons gemeenskappe en is deel van ’n soort werk wat baie belangrik is vir ons land se toekoms.” Oor sy deelname aan 'Moer ’n boer' sê Zac: “Ek wou nog altyd aan myself bewys dat ek iets extreme met my liggaam kan doen. En ek wil op die ou end weet dat ek dit my alles gegee het.”

Eric Basson (26) van Middelburg

Eric boer met graan en komkommers op die plaas Platfontein. “Ek glo ek is gebore met die menswees om te boer en daarvoor kan ’n mens net dankbaar wees.” Dink voor jy doen sal sy leuse wees wanneer hy daai kryt betree en hy gaan seker maak hy hou daarby. “Ek hou daarvan as mense vír my skree eerder as óp my en ek glo ek sal goed voorbereid wees as die groot dag kom.”

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto:

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories