Lourensa Eckard gesels oor nuwe kortfilm waarin Rozanne McKenzie te sien is

Lourensa Eckard gesels oor nuwe kortfilm waarin Rozanne McKenzie te sien is

Die gewilde TV-aanbieder Lourensa Echard het gesels oor haar splinternuwe kortfilm, 'Marie Se Laaste Dag', waarin Jacaranda FM se Rozanne McKenzie te sien is. 

Lourensa Eckard gesels oor nuwe kortfilm waarin Rozanne McKenzie te sien is
Verskaf

Die kykNET Silwerskermfees is om die draai.

Silwerskermfees is 'n hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse en Afrikaanse film- en inhoudsfees wat die plaaslike bedryf al vir die afgelope 12 jaar ondersteun, bemagtig en ontwikkel.

VIDEO: Siya Kolisi and Eben Etzebeth go crazy after Dricus du Plessis' win!

Daar is altyd baie opwinding rondom die fees en hierdie jaar het die Drive-span 'n baie persoonlike konneksie.

Ons eie Rozanne McKenzie vertolk die rol van 'Thandi Nxesi' in die kortfilm 'Marie Se Laaste Dag' wat première by die fees.

Sy deel die skerm met ander ongelooflike talente soos Deon Lotz, Mandri Sutherland en Dumisani Mbebe.

Lourensa Eckard is nie net die skrywer van 'Marie Se Laaste Dag' nie, maar ook die direkteur en 'n bekende naam in die industrie.

LISTEN: Rozanne McKenzie shares her most terrifying memory

'Marie Se Laaste Dag'

Dit is 1994 en na jare van spanningvolle onderhandeling en die eerste demokratiese verkiesing, is die regering van nasionale eenheid gereed om aan te meld vir diens. 

Marie is die jarelange sekretaresse van die minister van minerale hulpbronne, Hendrik van der Merwe. 

Marie moet reëlings tref vir Van der Merwe se vergadering met die nuwe minister van verdediging, Mayihlome Khumalo. 

Marie is vinnig bereid om die ideale van 'n nuwe Suid-Afrika te omhels en is sy selfs bereid om haar toekoms op die spel te plaas om by te dra tot ‘n beter Suid-Afrika. Of so dink sy. 

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories