LUISTER: 'Binnelanders'-paartjie deel meer oor troue!

LUISTER: 'Binnelanders'-paartjie deel meer oor sepietroue!

Reynardt Hugo en Melinda Viljoen het met die Drive-span gesels oor hulle karakters se groot dag.

LUISTER: 'Binnelanders'-paartjie deel meer oor sepietroue!
Verskaf

Stof jou dansskoene af vir 'n spoggerige geleentheid! 

'Binnelanders' se geliefde paartjie, 'dr. Tertius Jonker' (Reynardt Hugo) en 'Tracy Smit' (Melinda Viljoen), se langverwagte troudag breek Vrydag die 7de Februarie aan. 

LUISTER: Reynardt Hugo: 'Jan Bloukaas het my lewe heeltemal verander'

'Tertius' en 'Tracy' se liefdespaadjie lees soos ’n sprokiesverhaal, al was dit nie altyd maanskyn en rose nie.

Aanvanklik was hulle net goeie vriende, toe woonstelmaats wie se gevoelens vir mekaar geleidelik begin posvat en groei het – nie dat hulle dit aanvanklik aan hulleself, wat nog te sê mekaar, erken het nie! 

Maar die liefde laat hom nie voorskryf nie en het gelukkig oorwin, ten spyte van haas onoorkomelike struikelblokke.

VIDEO: Tourist biker tries to make friends in SA

'n Onverwagse swangerskap het byna hulle liefdesbootjie op die rotse laat beland, veral na 'Tracy' se onthulling dat 'dr. Conrad Bester' (Hykie Berg) met wie sy in ‘n vorige verhouding was, die pa is en nie 'Tertius' nie. 

'Tracy' en die baba se verdwyning is gevolg deur skokgebeurtenisse, maar dit het een voordeel ingehou: Al die betrokke partye moes noodgedwonge die strydbyl begrawe. 

Nou maak 'Tertius' en 'Tracy' vir klein 'Leah' (Liebe Viljoen) saam groot, sonder om die belangrike rol wat 'Conrad' in sy dogtertjie se lewe kan en wil speel, gering te skat.

LISTEN: Which area in Gauteng has the best tap water?

Die tyd het aangebreek vir 'Tertius' en 'Tracy' om die knoop deur te haak.  

Elsje Stark, 'n 'Binnelanders'-vervaardiger, sê oor die troue: "Die rok hang teen die kas, die troukoek is bestel – kortom, alles is gereël. Die bruidegom beplan selfs 'n verrassing vir die bruid! Nou moet almal net duim vashou alles verloop volgens plan…" 

Reynardt Hugo en Melinda Viljoen het met Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels oor die groot dag!

Luister die volle onderhoud hier:

'Binnelanders'-kykers word hartlik uitgenooi na die geleentheid. 

Teken dit in jou dagboek aan: Vrydagaand, 7 Februarie en Maandagaand, 10 Januarie om 19:30, net op kykNET, kanaal 144.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Verskaf

Meer of Jacaranda FM


Show's Stories