Marciel Hopkins gesels oor laaste seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou'

Marciel Hopkins gesels oor laaste seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou'

Na vier jaar as die aanbieder van die gewilde maatsoekreeks, 'Boer Soek 'n Vrou', is Marciel Hopkins op pad na groener weivelde.

Marciel Hopkins gesels oor laaste seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou'
Verskaf

Model en TV-aanbieder, Marciel Hopkins het nog altyd geweet sy wil 'n verskil maak in mense se lewens.

Sy het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy 'n BA Drama graad en toe 'n honneurs in Sielkunde verwerf het.

VIDEO: Rozanne McKenzie shares the phone call that changed her life

Van Mej. Suid-Afrika Top 12 finalis tot aktrise, model en nog vele meer, sy is nie skaam om voor 'n kamera of 'n kamer vol mense te gesels nie.

Meeste mense sal haar herken as die aanbieder van die Suid-Afrikaanse televisieprogram, 'Boer Soek 'n Vrou'.

Haar heel eerste radio onderhoud na sy die werk gekry het was by Jacaranda FM:

Alhoewel sy meer seisoene van die program as enige ander onder haar belt het, het sy besluit dit is tyd om die vlam te oorhandig aan iemand anders.

Marciel Hopkins het met Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels oor haar tyd op 'Boer Soek 'n Vrou', hoekom sy nou voel dit is tyd om aan te beweeg en wat volgende vir haar wag.

Dalk laat glip sy ook iets oor die nuwe aanbieder...

Luister die volle onderhoud hier:

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories