Marciel Hopkins groet vanjaar 'Boer Soek 'n Vrou'

Marciel Hopkins groet vanjaar 'Boer Soek 'n Vrou'

Marciel Hopkins is sedert 2020 die aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' en sy sê dat dit vir haar 'n "enorme voorreg" was om vir vier seisoene dié rol te kon vervul.

Marciel Hopkins Boer Soek 'n Vrou seisoen 16
Verskaf

In 'n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder Marciel Hopkins onthul dat dit haar laaste seisoen gaan wees waar sy boere help om liefde te vind.   

Die sestiende seisoen van die maatsoekreeks begin op Donderdag 18 Julie. 

READ: This is how much South African police officers earn

kykNET sal Marciel Hopkins se opvolger na afloop van vanjaar se seisoen aankondig. 

Buiten Marciel, is 'Boer Soek 'n Vrou' al deur Elma Postma (2008-2010), Angelique Gerber (2011-2013), Nadia Beukes (2014-2015), Minki van der Westhuizen (2016-2017) en Leah van Niekerk (2018-2019) aangebied. 

LISTEN: Ivan Botha and Donnalee Roberts act out famous movie scenes

Marciel praat openhartig oor haar 'Boer Soek 'n Vrou'-reis in die 11-18 Julie-uitgawe van Landbouweekblad, waarvan sy op die voorblad is.

Meer oor 'Boer Soek 'n Vrou'

Soos voorheen sal dié gewilde maatsoekreeks, wat uit 13 episodes bestaan, grootliks fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het. Kykers sal dan dié hubare boere se opwindende liefdesreis volg. 

VIDEO: The best that Nelspruit has to offer!

'Boer Soek 'n Vrou' het sedert 2008 'n móét-kyk afspraak op die Suid-Afrikaanse TV-kalender geword en tientalle boere het al deur hierdie reeks hul lewensmaats ontmoet. Só het drie van die top-vyf boere van 2023 se 'Boer Soek 'n Vrou', Francois, Hennie en Louis B, intussen met hul pasmaats getrou. 

'Boer Soek 'n Vrou' begin op Donderdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) en sal op DStv Stream ook beskikbaar wees.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories