"My ouers wil nie my man laat vakansie hou nie," sê luisteraar
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Hoe sê mens vir jou ouers 'nee'?

Elke week kyk Rob Forbes en Rozanne McKenzie deur hulle e-posse en vind luisteraars wat hulp nodig het.
LEES: Best free activities for families in Gauteng
Van familie probleme tot liefdes dilemmas en alles tussenin, daar is altyd iemand wat opsoek is na 'n bietjie advies.
So, met die hulp van ander Jacaranda FM lusiteraars, probeer hulle die beste uitkoms vir die situasie vind.
Hierdie week se epos:
"Hallo, my gunsteling radiospan!
"Ek het al gehoor hoe julle ander in moeilike situasies help en ek hoop julle kan nou dieselfde vir my doen.
"Ek, my man en my kinders is op pad see toe om by my ouers te gaan kuier vir die vakansie.
"Ons was baie opgewonde, maar daar is nou ‘n 'spanner in die works'. Letterlik.
"My man is 'n bouer and my ouers het onlangs gedeel dat hulle nie kan wag vir ons om te kom kuier nie sodat hulle kan begin werk aan hulle kombuis.
"Hulle wil nie net 'n paar rakkies regmaak nie, hulle wil bou en breek en soek 'n hele "renovation", en hulle wil dit alles doen terwyl ons daar is sodat my man al die harde werk kan doen.
"Hierdie is sy tyd om ook te rus, maar hulle wil hom nie kans gee nie! Dit voel vir ons asof hulle hom net wil misbruik.
"Hy is 'n goeie mens en weier om vir hulle nee te sê.
"Moet ons liewers by die huis bly die vakansie? Of moet ons net vir hulle se "no ways"? Hoe kan ons met hulle eerlik wees sonder om gevoelens seer te maak?
"Help asb!"
Stuur jou storie na: [email protected]
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
Dad disapproves daughter's dance moves
What started as an innocent dance session between daddy and daughter tur...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
Hacks to remember when visiting the beach
If you're visiting the beach this school holiday or going to the dam or ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago