Neels van Jaarsveld en Megan Lonergan se paaie skei na drie maande
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Akteur Neels van Jaarsveld en Megan Lonergan se paaie het geskei.
Megan Lonergan het onlangs die nuus gebreek dat haar en haar vorige liefde, Suid-Afrikaanse akteur en aanbieder van realiteitsprogram 'Op My Eish!', Neels van Jaarsveld se paaie geskei het.
LEES: Prince Harry's daughter christened 'Princess Lilibet Diana'
Die paartjie het in November 2022 begin uitgaan en het al in Februarie opgebreek alhoewel Megan nou eers meer informasie oor die beïndiging van die verhouding begin deel het.
Volgens FiND iT, is beide nou enkellopend en Lonergan het meer uitgebrei oor hoekom die verhouding geeïndig het, veral oor die feit dat die twee in 'n langafstandverhouding was.
Ek dink nie dit was die afstand nie, omdat hy baie dié kant is vir sy realiteitsprogram en ek hom gereeld kon sien. Ek glo ook as mense werklik vir mekaar bedoel is, sal afstand ook nie mens kan skei nie. Ek wil n pad saam met iemand stap wat dieselfde lig skyn in die wêreld. Ek is dalk nog jonk, maar ek is al deur baie en gebruik my ervaring en lewenslesse om mense op te bou, hoop en geluk te bring waarookal ek gaan. Omdat ek glo dat elke hart wat ek raak ‘n verskil aan die wêreld kan bring. Ek het werklik my beste gegee, maar party mense werk net nie saam in ‘n verhouding nie en is soms beter as vriende of kennisse. As ek dit kon oordoen, sou ek definitief weer. Ek is dankbaar dat die Here hom op my pad gebring het.- Megan Lonergan
LEES: EXCLUSIVE: Centurion local, Stefan Benz, receives an 'American Idol' golden ticket
Sy het ook gesê dat sy die verhouding verlaat met 'n rustige hart en die wete dat sy dit haar alles gegee het, maar nou wens sy net vir Neels die beste toe.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
Foto: Megan Lonergan Instagram
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
LISTEN: The best Rob and Roz interviews from 2024!
The Drive with Rob and Roz have been lucky to share the studio with some...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 13 hours ago -
Dad went in to save the teddy but ended up sludge-faced
The silver lining in this scenario is that mud is said to be great for y...
The Workzone with Alex Jay 2 days, 14 hours ago