Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' seisoen 17
Updated | By kykNET
Nuwe aanbieder, Reandi Grey, maak reg om nuwe boere bekend te stel.

Die aftel na die volgende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse skop Sondag (27 Oktober) om 20:00 af wanneer kykNET die tien boere vir die 17de seisoen van 'Boer Soek ’n Vrou' bekendstel.
LEES: Reandi Grey is 'kinderlik opgewonde' oor haar 'Boer Soek 'n Vrou'-reis
Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 56, en die boere verteenwoordig ses provinsies met die Vrystaat wat die voortou met drie hubare boere neem.
Reandi Grey, wat pas aangekondig is as die sewende aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou', het reeds met die nuwe boere kennis gemaak en sy is baie opgewonde om hulle bekend te stel.
Elke liewe een van hierdie boere is volronde mense met soveel emosie en soveel liefde. Hierdie gaan 'n onvergeetlike seisoen wees en Suid-Afrikaners gaan aan hulle lippe hang.- Reandi Grey
LUISTER: Marciel Hopkins gesels oor laaste seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou'
Die reeks sal van Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal dit fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.
Diegene wat vir een van die top-tien boere 'n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of 'n weduwee/wewenaar wees.
READ: 'The Simpsons' creator reveals new episode solves 35 year mystery
Persone wat die boere beter wil leer ken, kan om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) inskakel. Die boere se profiele en meer inligting oor die reeks sal ook dan op www.kyknet.tv gedeel word.
Oudergewoonte sal voornemende pasmaats vir die boere briewe kan skryf of hul belangstelling vir die boere op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys.
2025 se boere is:
1. Nicolaas (37), skaap- en saaiboer van Bredasdorp, Wes-Kaap

2. Rudi H (56), boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap

3. Lourie (26), beesboer van Vryburg, Noordwes

4. Rudi (47), toerisme en wildboer van Beestekraal, Noordwes

5. Evert (38), makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo

6. Willie (26), makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga

7. Reinier (29), saai-, bees- en skaapboer van Frankfort, Vrystaat

8. Ruan (30), skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat

9. Christof (38), turksvy- en soutboer van Petrusburg, Vrystaat

10. Pieter (29), skaapboer van Richmond, Noord-Kaap

Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf/ kykNET/ Willem Botha
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 18 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 18 hours ago