Reynardt Hugo: 'Jan Bloukaas het my lewe heeltemal verander'
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Na 'n tweejaar stryd teen kanker is die musikant Jan Bloukaas na sy "hemelse huis" toe.
Die hartseer nuus van Jan Bloukaas se afsterwe is Woensdag op sosiale media gedeel, maar mense het nog nie die laaste van Jan Bloukaas gesien nie.
LEES: Jan Bloukaas sterf
Reynardt Hugo, die regisseur van 'Net Mens', het met Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels oor die pad wat hy en Jean du Plessis saam gestap het tydens die verfilming van hierdie spesiale episode, 'Net Mens: Jan Bloukaas'.
Luister hier:
Meer oor 'Net Mens: Jan Bloukaas'
Hy het reeds op hoërskool 'n paar trefferliedjies gehad.
Die grootste daarvan was 'Kaas Elke Dag' en 'kykNET en chill', en dit het gelyk of Jean du Plessis, beter bekend as Jan Bloukaas, se lewe en loopbaan in 2018 goed op dreef was.
LEES: Kyk Jan Bloukaas se laaste album-vrystelling hier!
In September 2022 het hy egter op 22-jarige ouderdom slegte nuus met sy aanhangers op Instagram gedeel: Hy is met breinkanker gediagnoseer.
Sedertdien was dit ;n pad met verskeie oppe en affe, maar opgee was nooit vir hom ’n opsie nie.
Op 4 Desember om 20:00 kry kykNET-kykers ’n intieme blik op hoe dit nou met Jan Bloukaas gaan in 'n spesiale aflewering van 'Net Mens', die program waar bekendes hulle harte oopmaak en dikwels ’n weerlose sy van hulself wys.
LEES: You shouldn't sleep with wet hair
Die uitsonderlike reeks 'Net mens' word vervaardig deur StraatkatMedia met Reyhardt Hugo aan die stuur.
'Net Mens: Jan Bloukaas' begin roerend met Jan, deesdae in ’n rolstoel, wat ’n gebed doen waarin hy seën vra vir almal betrokke en verklaar dat hy die mense vergewe wat hom te na gekom het.
In hierdie spesiale program oor Jan Bloukaas, word daar gepraat met van Jan se vriende en kollegas in die musiekbedryf, onder andere die musiekvervaardiger Deon Dee, saam met wie Jan steeds werk en musiek skryf.
Deon vertel hoe Jan Bloukaas se album 'Vreemdeling' voltooi is net voor Jan sy eerste chemoterapie gekry het. Die sangeres Janie Bay deel die storie agter haar en Jan se liedjie 'Sterre brand'.
Skoolvriende onthou hulle jeug saam met Jan. Hunter Kennedy kom kuier, en die gesprek draai na geloof. Jan speel ook vir Hunter liedjies van die album waaraan hy vanjaar gewerk het – die album wat moontlik sy laaste gaan wees.
Jan se ouers, Daan en Ronelle du Plessis, wat hulle seun deurentyd met soveel liefde ondersteun, is ’n belangrike deel van die program.
Hulle vertel van die oomblik wat hulle van Jan se diagnose gehoor het tot nou waar hy weer by sy ouers woon en hulle hom versorg. Sy broers, Johan en Stephan, praat ook oor hulle kleinboet.
Moenie hierdie eksklusiewe en sielvolle program misloop nie.
'Net mens: Jan Bloukaas' word 4 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Inside the Golden Globe gift bags worth R18 million
You might be surprised to find out what you can fit into a stylish brown...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Japan actor fired from beer ad after drunken escapade
A popular Japanese actor hired to be the wholesome face of a low-alcohol...
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago