Simoné Pretorius oor nuwe fliek: "Ek was absoluut onervare"
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Bekende aktrise, Simoné Pretorius, het 'n CV wat skrik vir niks en nou sluit dit in bekroonde filmregisseur.

Simoné Pretorius is geen vreemdeling op Suid-Afrikaanse skerms nie.
LEES: Kamini Pather shares behind-the-scenes MasterChef secrets
Jy ken haar dalk van die reeks 'Hotel' of films soos 'Vuil Wasgoed' en 'Vir Die Voëls'.
In die laaste paar jaar het Simoné getrou en ma-geword, en haar loopbaan het ook in 'n ander rigting beweeg.
Van aktrise tot filmregisseur.
EXCLUSIVE: International star shares more about new series!
In Augustus 2024 het 'Som Van Twee', Pretorius se debuut, met sewe Silwerskermtoekennings weggestap, onder meer vir beste speelfilm. Nou is dié feestreffer in fliekteaters landwyd te sien.
'Som Van Twee' vertel die verhaal van Henk Opperman.
Henk Opperman is 'n sielkundige. Hy bly in Bloemfontein, hy en sy seun. Sy vrou is oorlede in 'n motorongeluk en by haar begrafnis, vertel hy 'n storie van toe hulle saam op skool was. Hy deel dat hy sy Matriek wiskunde vraestel gelek het aan die hele Baberton. Dit kom by die Minister van Onderwys uit.- Simoné Pretorius
WATCH: American shares her favourite Afrikaans words
Wanneer die onderwysdepartement dan besluit die hele klas van 1990 moet dié eksamen herskryf, vra Henk sy seun, Renier, om sy tutor te wees, maar dit sukkel.
Dié pa-seun-verhouding is immers al hulle hele lewe lank gespanne en plofbaar. Henk se pa, Gert, meng ook kort-kort in.
Die rol van Henk word deur Louw Venter gespeel, en James Borthwick is Gert.
LISTEN: Experts warn bosses of new fake work trend
James het die toekenning vir beste akteur gewen, en Pierre Breytenbach, wat te sien is as Petrus, is as beste manlike byspeler aangewys.
Die rol van Renier word deur Adriaan Havenga vertolk. Ook in die rolverdeling is Greteli de Swardt, Righard van Jaarsveld, Reginald Hufkie, Deon Coetzee, Leandie du Randt en Kim Cloete.
Casting is everything. Jy kan met 'n karakter sit op papier en sodra dit by 'n regte mens se mond uitkom, met hulle lewenservaring, met hulle ritme, hulle gevoel vir komedie, hulle pyn, alles in gemix, it becomes a different character. Ek het die jackpot geslaan met almal.- Simoné Pretorius
READ: Netflix CEO weighs in on Meghan Markle backlash
'Som Van Twee' is Simoné Pretorius se debuut as speelfilmregisseur, en sy het twee Silwerskermtoekennings gewen – een vir beste regisseur en nog een vir die draaiboek.
Wat mense dalk nie weet, of verwag nie, is dat die film gebaseer is op 'n wareverhaal uit Nederland, maar Pretorius het dit 'n Suid-Afrikaanse spin gegee.
Ons het die fokus geplaas op een dorp. Hierdie het regtig gebeur met 'n vrou wat by haar skoolreunie bietjie gewyn was en toe erken sy sy het haar biologievraestel gelek. En toe het die gebeur dat die hele 1990 Matriekgroep hulle biologievraestelle moes her.- Simoné Pretorius
Luister die volle onderhoud hier:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Show's Stories
-
Man misses being crushed by a tree
A man shared how his father might just be the luckiest person alive afte...
The Workzone with Alex Jay 38 minutes ago -
Man celebrates his car's eighth birthday with cake
There's nothing that can come between a man and his car...
The Workzone with Alex Jay 52 minutes ago