VIDEO: Bobby van Jaarsveld deel vreemde bestanddeel vir potjiekos

VIDEO: Bobby van Jaarsveld deel vreemde bestanddeel vir potjiekos

Almal wil nou met Bobby van Jaarsveld braai!

Bobby van Jaarsveld
Jacaranda FM

Daar is min goed so lekker soos behoorlike potjiekos.

Net soos baie ander aspekte van 'n braai, het elke huis sy eie manier van 'n potjie bymekaar gooi.

WATCH: The World's Greatest Illusionist stuns the Drive team with trick!

In party families is daar resepte wat van generasie na generasie oorgedra word.

Oupa, ouma, ma en pa mag dalk selfs 'n spesiale bestanddeel of metode hê wat met niemand buite die familie gedeel mag word nie.

Beroemde Afrikanse sanger Bobby van Jaarsveld is bekend vir sy treffers soos 'Spieëltjie' en 'Net Vir Jou'.

WATCH: Horror movie receives rare ban and warning after first screenings

Terwyl hy al jare 'n ster in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, maar natuurlik is hy 'n man van vele ander talente.

Hy het onlangs vir aanhangers 'n anderkant van homself gewys toe hy 'n video deel waar hy by sy braai staan.

In die video staan hy reg met 'n bottle Tropika-sap en 'n heerlike potjie.

LISTEN: Zelda la Grange opens up about Madiba's lessons and what saved her life

Die sanger het in die onderskrif verduidelik: "Ek belowe die is NIE 'n sponsored post nie. Ek doen hierdie pot al van 20 jaar oud af... Die lekkerste pot wat jy kry... Try dit uit."

Hy het ook in die video die nou ikoniese Dricus du Plessis gesegde "hulle weet nie wat ons weet nie" gebruik.

Kyk die video hier:

Ja dit mag dalk 'n skokkende besluit wees om hierdie sal by jou souterige, souserige potjie te gooi, maar hy glo vas dat dit smaaklik is.

Baie van sy aanhangers is nou nuuskierig en het gesê hulle gaan dit nou self probeer.

Een persoon wat kommentaar gelewer het het selfs gesê: "Klink heerlik ken hom wel met coke".

As jy opsoek is na 'n potjiekos resep wat gewaarborg is om lippe-lek-lekker te wees, kliek hier.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories