Voormalige sokkerspeler Mark Fish se seun, Luke, verloof!

Voormalige sokkerspeler Mark Fish se seun, Luke, verloof!

Hy is 25 jaar oud en sy is 45 jaar oud, maar hulle is gelukkiger as ooit!

Mark fish breakfast 1
Breakfast with Martin Bester

Mark Fish, 'n Suid-Afrikaanse sokkerlegende wat Bafana Bafana die Afrikabeker in 1996 help wen het se seun Luke is verlief en verlore.

LEES: "Somebody tried breastfeeding my baby"

Vir jare was Luke (25) 'n dwelmverslaafde en het hy gesukkel om die houvas wat traumatiese kinderjare op hom gehad het te ontsnap.

Luke het al baie gepraat oor sy moeilike verhouding met sy pa, en hoe hy gereeld homself tussen sy ouers moes plaas as sy pa gewelddadig geraak het.

LEES: Kim Kardashian notices scary detail in her selfie

Dit het ongelukkig gelei tot baie toekomstige probleme vir Luke, wat self sy naam na Seth Omen toe verander het om van sy verlede te probeer ontsnap.

Hy het wel op 30 Junie 2022 besef dat hy 'n drastiese verandering in sy lewe moet maak en het homself by 'n rehabilitasiesentrum in Houtbaai ingeboek.

Volgens Huisgenoot het Luke gesê dit was glad nie 'n spoggerige, 'top of the range' tipe plek nie, maar vier maande later het hy as 'n nuwe man daar uit gestap.

LEES: Actress Enhle Mbali makes 100 Most Impactful People in Africa 2023 list

Kort voor lank het hy die liefde van sy lewe, Elmary Abrahams (45) ontmoet.

Die paartjie het mekaar vir die eerste keer leer ken deur vriende en hy sê sy het hom omgeboul.

Twee maande later, terwyl hulle op 'n wyntrem deur Franschoek gery het, het hy haar gevra om te trou.

Hulle is besig met troubeplanning en Luke het intussen weer begin werk maak om sy verhouding met sy pa te verbeter.

Beide sy ouers is genooi na die troue wat die 18de November gaan plaasvind.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

More on Jacaranda FM


Show's Stories