Voortrekkermonument eis samewerking met Tshwane
Updated | By Jean-Mari Schmidt
Kardinale opgraderings wat die Tshwane Metroraad by, en aan die grense, van die Voortrekkermonument móét doen is al vir drie jaar afgekeur.
Daarom het die Voortrekkermonument nou ’n petisie van stapel gestuur om beter samewerking met die munisipaliteit te bewerkstellig.
LEES: KYK: 'Binnelanders' akteur Clint Brink verwelkom babadogter
Volgens Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder van die VTM, moes die grensdrade, waarvoor Tshwane natuurbewaring verantwoordelik is, reeds meer as drie jaar gelede opgegradeer en vervang word.
Aansoek vir hierdie befondsing is by die metroraad gedoen, maar is steeds nie goedgekeur nie.
“Ons sit hier op ’n 341 hektaar plaas. Die nommer een vereiste vir veiligheid op ’n plaas is grensdrade. As die grensdrade nie op standaard is nie, soos wat dit nie nou is nie, dan skep dit ’n enorme veiligheidsrisiko vir almal wat die Voortrekkermonument besoek.
“Ons het reeds van ons kant af verskeie veiligheidsmaatreëls in plek gesit soos hondepatrollies op die terrein, veldwagters wat die natuurreservaatgebied patrolleer, perdepatrollies wat in die veld asook die grensdraad patrolleer, kamerastelsels en nog meer. Ons wil graag net beter samewerking kry met die metroraad, want dit gaan oor gelyke behandeling waar belastingbetalers se geld ons erfenis en ons mense ook moet help veilig hou,” sê Pretorius.
Verder is die beveiliging en beskerming van infrastruktuur buite die grense van die monument ook ’n enorme probleem wat duisende rand se impak op die VTM self het.
Van 20 Maart tot 19 April het die Voortrekkermonument (VTM) spesifiek weens kabeldiefstal, en nie beurtkrag nie, 7 dae sonder elektrisiteit gesit.
LUISTER: Pretoria musikale broer-duo gaan oorsee toer!
Volgens Pretorius moes die monument sedert begin van die jaar, weens kabeldiefstal, meer as R70 000 se brandstofonkostes aangaan vir kragopwekkers net om die nommer een toerismebestemming in die hoofstad van die land se deure oop te hou.
“Watter opgradering en instandhouding kon die monument nie gedoen het met daardie geld nie. Ons belastingbetalers se geld word nie regverdig en vir die regte doel aangewend nie. Hulle steel kragkabels net buite ons terrein en dan moet ons vir dae aaneen wag vir die elektrisiteit om weer aan te kom en ons moet elke keer duisende rand se brandstofonkostes aangaan.
“Ons munisipale rekening beloop meer as R250 000 per maand, dit is seker nie te veel gevra om nie net elke keer die kabels te vervang en weg te loop nie. Jy sit vir die boef die persent onder Kersboom neer, hy moet dit net kom haal. Beveilig die areas beter, want dan gaan jy nie elke keer honderde duisende rand se kabels moet vervang nie,” sê Pretorius.
In die petisie vra die monument dat die Tshwane-metropolisie en berede eenheid ’n satellietkantoor oprig op die terrein waar die monument gratis die grond sal verskaf.
KYK: Man van Pakistan leer sy gemeenskap vlot Afrikaans praat!
Die onmiddellike opgradering van die grensdrade.
Ontbossing en instandhouding van die ontbossing buite die grensdrade van die monument vir veiligheidsredes.
Die Voortrekkermonument vra nou vir 70 000 mense om die petisie te onderteken vir elke rand wat ons al dié jaar moes spandeer om die monument se deure oop te hou.
Vir enige verdere navrae skakel Gerhard Pretorius by 083 789 1985
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
Sad clown: 'Joker 2,' Phoenix and Gaga nominated for Razzies
'Joker: Folie a Deux' was nominated for seven Razzies on Tuesday, leavin...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
Popular chocolate brand announces another price hike
Sad news for all those with a sweet tooth...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago