Wanneer Brendan Peyper se 'Op My Eish!'-soektog na liefde begin
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Dis amper tyd om uit te vind of sanger Brendan Peyper liefde kon vind op kykNET se 'Op My Eish!'
Vanaf Donderdag 11 Januarie 2024 20:00 gaan 16 dames die reis saam met die gewilde sanger Brendan Peyper in die derde seisoen van 'Op my eish! ' Aanpak in die hoop om sy hart te wen.
LEES: Google issues three-week warning to Gmail users
Verfilming van die reeks het in September begin, en Brendan en die span het die hele Oos-Kaap platgetoer – van Clarens en Golden Gate tot Fouriesburg en Bethlehem.
Hierdie seisoen gaan geen tekort aan aksie en avontuur hê nie. Van lugballon ry, visvang en ‘n helikopter vlieg, tot ski, quad bike jaag, en trekkerresies hou – die dames gaan agter kom hoe lief Brendan is vir avontuur. Daar sal ook tyd wees vir ontspanning in die jacuzzi en spabederfies. Van die spesiale plekke wat besoek word, is Destiny Castle, die grotte net buite Fouriesburg en die prentjiemooi Bubble Valley.
LEES: Celebrity wedding planner announces baby news
Jaco Spies, regisseur van hierdie seisoen, sê dié reeks het sy stoutste verwagtinge oortref.
Die skilderagtige Oos-Vrystaat verskaf die doek waarteen ’n bitter mooi liefdesverhaal oor 13 aksiebelaaide episodes afspeel. Ons leer vir Brendan ken soos nooit te vore nie, en die 16 dames wat sy hart probeer wen, sorg vir hope vermaak en intrige.- Jaco Spies ('Op My Eish!' regisseur)
Brendan deel Jaco se entoesiasme: “Ek sou nooit in my wildste drome kon dink dat hierdie show my so baie sou leer nie, en ek is bitter bly ek het dit gedoen!”
LEES: TV personality shares first pictures after marrying high school friend
"Met name soos Brendan Peyper en Jo Black, gepaard met die wonderlikste deelnemers, asook produksiespan wat lang ure gewerk het, maak dit vir ongelooflike realiteits-vermaak met elke emosie wat geprikkel sal word deur die loop van die seisoen. Was dit 'n ware sprokiesverhaal? Miskien!” sê Gideon Eksteen, uitvoerende vervaardiger van die reeks.
Dit klink asof Brendan dalk selfs ’n bietjie te veel pret gehad het... kykers sal binnekort self meer hieroor kan uitvind. Een ding is vir seker – die vonke gaan behoorlik spat!
Skakel vanaf 11 Januarie 2024 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) in om uit te vind of Brendan die liefde van sy lewe ontmoet het.
Die seisoen sal ook beskikbaar wees op DStv Stream en Catchup.
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
Foto: Brendan Peyper/Instagram
Meer by Jacaranda FM
Show's Stories
-
Joburg man says licence renewal discs annoy him
It seems cutting out the circular shape of your vehicle licence disc is ...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
Residents applaud neighbour for washing car in the rain
No water and you want to wash your car, no problem, wait for the rain...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago