"Gebed kan ons wêreld ‘n beter plek maak" - Musikant Zaan Sonnekus verklap inspirasie agter jongste treffer
Updated | By Mornings with Mack Rapapali
Musikant Zaan Sonnekus het die inspirasie agter ‘Ek Kan Net Bid’ met Mack Rapapali gedeel.
Sonnekus het sy ma sowat 8 maande gelede weens COVID-19 verloor.
Hy het tydens ‘n onderhoud op ‘Mornings vir Mack’ gedeel dat die pyn en hartseer hom amper gebreek het.
Die bekroonde liedjieskrywer sê tydens sy ma se siekbed het haar voortslepende gebede aan hom, by hom opgekom.
“Zaan die een waarvoor ek so baie gebid het,” was sy ma se woorde in ‘n brief.
Sonnekus glo sy ma se gebede het hom deur ‘n baie moeilike tyd beskerm – en glo dit kan ook tot die wêreld se redding kom.
“As ons saam bid, as ons saam leef kan ons die wêreld ‘n beter plek maak.”
Show's Stories
-
Drop-top Toyota Hilux gets all the nods from Mzansi
At first, the drop-top Toyota Hilux in the video looks like it just had ...
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
Man gets outplayed by a spider in his home
Hey, what are you going to do? They have six more legs than you...
The Workzone with Alex Jay an hour ago