Die Scenic Drive vier 15 jaar van 'Binnelanders' met Hans Strydom en Melinda Brink
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die gewilde sepie 'Binnelanders' is 15 jaar oud en die Scenic Drive vier dit saam met Hans Strydom en Melinda Brink.

In 2005, verwelkom kykNET die gewilde sepie, 'Binnelanders.'
Na 15 jaar is die sepie volksbesit en een van die geliefste sepies in Suid-Afrika.
By vanjaar se Royalty Soapie-toekenningsaand het 'Binnelanders' die toekenning ontvang vir die beste sepie.
LEES: ‘Binnelanders’ wen prys vir beste sepie
Jacaranda FM eie Philicity Reeken was ook deel van die 'Binnelanders'-hospitaal-span - en die Scenic Drive-span is groot aanhangers van die sepie.
Die legendariese Hans Strydom wat die rol vertolk van At Koster en Melinda Brink wat die rol vertolk van Tracey vier 15 jaar van vermaak met die Scenic Drive-span.
"Ek leer baie meer by hulle as wat hulle by my leer. Dit is 'n nuwe wêreld daar buite," Hans Strydom.
"As jy met Hans speel, ken jy al jou woorde. Jy sit jou beste voetjie voor.
"Ek dink mense is mal oor Tracey, omdat sy nie op haar bek geval is nie. Sy is die vroulike weergawe van Rian," Melinda Brink.
Show's Stories
-
KYK: Die moeilikste Afrikaanse woorde om uit te spreek
As jou moedertaal nie Afrikaans is nie, kan dit moeilik wees om seker wo...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
VIDEO: Man escapes from Jeppe Magistrates Court top floor
The incident was captured on video in Johannesburg as it took place!
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago