"Ek is gesond" - Dozi na vals gerugte oor kanker
Updated | By Scenic Drive With Rian
Na vals gerugte oor Dozi se gesondheid, het hy openlik met die Scenic Drive-span gesels.

Vroeër die jaar, het Rian van Heerden boodskappe ontvang oor die gesondheid van gewilde sanger en liedjieskrywer, Dozi.
Volgens Van Heerden, beweer mense dat Dozi kanker het, omdat hy soveel gewig verloor het.
LEES: '7de Laan' se Nicholas Nkuna ook talentvolle sanger
'n Foto waarin 'n maer Dozi saam met twee aanhangers poseer, is deur mense rondgestuur en dis hierna dat gerugte dat die sanger kanker het, oor die naweek, soos 'n veldbrand op sosiale media versrpei.
KYK: kykNET se verjaarsdaggeskenk aan kykers
Die Scenic Drive-span het met Dozi gesels oor die vals gerugte.
"Ek is gesond," het Dozi genoem nadat Rian van Heerden hom gevra het oor die gerugte dat hy kanker het.
"Mense luister altyd na skinderstories. Hulle moet mens eers ontmoet."
"Die vals gerugte het gemaak dat mense regoor die wêreld my gebel het," volgens Dozi het die gerugte sy ma ontstel.
Gedurende COVID-19, het dinge moeilik gegaan vir Dozi en sy werkers. Hy het aan die span genoem dat hy nie die werkers kon betaal nie, maar hy gaan saam hulle werk om dinge beter te maak.
Dozi het genoem dat hy maerder geword het, omdat hy fisies gewerk het.
Show's Stories
-
Guinness World Records crowns "World's Smallest Park"
It might also be the cutest little park you've ever seen.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
Donatella Versace to step down as Versace's creative head
In 1978, brothers Gianni and Santo Versace co-founded one of the most ic...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago