"Ek soek net liefde - ek soek net 'n normale ou" - 'Boer Soek 'n Vrou' se boer Damian
Updated | By Scenic Drive With Rian
'Boer Soek 'n Vrou' se eerste gay-deelnemer het die meeste briewe van die publiek ontvang - Rian van Heerden gesels met hom.

Die kykNet realiteitsprogram het vroeër vanjaar geskiedenis gemaak, nadat hul die eerste gay boer op die gewilde program verwelkom het.
Boer Damian (37) is ’n passievolle skaap-en-beesboer van Bapsfontein in Gauteng en is op soek na sy ideale man. Hy beskryf homself as “een met die natuur.”
Boer Damian het vanjaar ook die meeste briewe van díe seisoen ontvang. "Ek het dit nie verwag nie. Ek het soveel boodskappe gekry van mense wat gesê het dat ek nie aan die program moes deelneem nie, omdat my gemeenskap my nie sou ondersteun nie," het die boer Damian aan Leah in een van die episodes verduidelik.
Damian het ook onlangs sy hart oopgemaak oor sy familie op die program - kyk hier:
View this post on Instagram#BoerSoeknVrou: 👨🌾🌾 Gisteraand het #BoerDamian sy hart oopgemaak oor sy familie...
A post shared by kykNET (@kyknettv) on
Boer Damian het Maandag met die Scenic Drive-span gesels oor sy ervaring op die realiteitsprogram. "Ek het ingeskryf vir liefde. Enige ou soek liefde - en toe vat ek 'n kans met Boer Soek 'n Vrou," vertel hy aan Rian en die span.
Ek soek net 'n normale ou wat hou van die plaaslewe.- Boer Damian
"Die mense was geskok toe ek ingeskryf het. Baie mense dink steeds dat boere net straight is. Tot vandag toe, dink mense dat gay mense net seker dinge doen - soos 'n haarkapper wees."
"My hele familie ondersteun my. As gevolg van geloof, glo my ma nie altyd in my nie."
LUISTER NA DIE ONDERHOUD
Show's Stories
-
VIDEO: Halle Berry gets "payback" by kissing actor at Oscars
The Academy Award-winning actress finally gets even – 22 years later.
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago -
LOOK: Mercedes-Benz announces Baby G-Wagen!
The company have confirmed the "more affordable" version.
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago