EKSKLUSIEF: Joernalis se verhouding met Krugersdorp-reeksmoordenaar eindig
Updated | By Scenic Drive With Rian
Joernalis Marizka Coetzer se verhouding met een van die Krugersdorp-moordenaars, Le Loux Steyn het verbrokkel. Wat het werklik gebeur? Coetzer gesels met Rian van Heerden.

Voormalige Huisgenoot-joernalis Marizka Coetzer was een van die joernaliste wat aangestel was om die Krugersdorp-moordenaars te volg, maar dinge het 'n interessante en onverwagse wending geneem.
Coetzer het opslae gemaak nadat die nuus bekend geword het dat sy in 'n romantiese verhouding was met een van die reeksmoordenaars wat teregstaan het vir die moorde in Krugersdorp.
Coetzer en reeksmoordenaar Le Loux Steyn (destyds 22-jarige) se romanse het begin terwyl die verhoor aan die gang was.
LEES: "Ek is honger vir 'n nuwe rol"- Sean van Noordwyk groet sy geliefde karakter
Steyn is tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.
In 2020, het Coetzer met Rian van Heerden gesels oor haar verhouding met Steyn, asook oor haar boek, 'Afspraakmoorde: Liefde In Die Tronk.'
LEES: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind
"Wel, dit het perongeluk gebeur. Niemand besluit om eendag wakker te word en besluit om met 'n moordenaar uit te gaan nie. Ja, ek was getroud, maar na weke se ondersoek het ek op hom verlief geraak."
Vir week na week, het sy vir Steyn in die tronk gaan kuier. Sy het geglo dat sy hom kon oortuig om haar die volledige storie te vertel.
LEES: '7de Laan' se kosbare paartjie trou
Volgens Coetzer, het Steyn vyf mense vermoor.
Na 'n jaar het die verhouding verbrokkel. Wat het werklik gebeur? Rian van Heerden gesels met Coetzer.
Tune in to the 'Scenic Drive with Rian', weekdays from 16:00-19:00. Stream the show live here or download our mobile app here.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Jacaranda FM
Show's Stories
-
Crazy video shows bakkie in a pool after an accident
That awkward moment when you take a turn too fast, crash through a wall,...
The Workzone with Alex Jay 9 hours ago -
Visit the MiFitness Kids at Syringa Park, Avianto Estate
MiFitness Kids is home to the biggest play park in Syringa Park – a mas...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 9 hours ago