Ernusta Maralack delf dieper in SAFTA-bekroonde misdaadreeks 'Op Seer Se Spoor'
Updated | By Scenic Drive With Rian
'Op Seer Se Spoor', keer binnekort terug met nóg opspraakwekkende sake wat families regoor die land geruk het - en vra ook moeilike, dog nodige vrae oor die land se regstelsel.
Ernusta Maralack, Kuier se artikel-redakteur, ’n vrou wat in haar loopbaan as joernalis al die ergste gesien het, herbesoek die tonele van die wreedste moorde in die Wes-Kaap en gesels met die families wat agtergebly het.
LEES: KYK: Adele stééds verlief op Prins Harry
Ernusta sê die verfilming was soveel anders hierdie jaar omdat hulle tydens die derde vlaag infeksies die seisoen verfilm het.
“Dit was veral vir my bitter moeilik omdat ek myself konstant daaraan moes herinner om fisies my afstand te hou, want voor my was mense wat stukkend was; waarvan baie vir die eerste keer oopgemaak het oor hul groot seer en as mens moes ek baie keer net toekyk. Ander kere kon ek eenvoudig nie. Dit het my baie hulpeloos laat voel,” vertel sy.
LEES: 'Wat Is Waarheid' - Nuwe reeks ondersoek samesweringsteorieë
In die eerste twee episodes herbesoek Ernusta een van die grootste slagtings wat Kaapstad al beleef het toe talle jongmans in 2013 in ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad vermoor is. Die slagoffers is vir ure lank gemartel voordat hulle kele afgesny en hulle teregstellingstyl geskiet is. Die twee moordenaars is nege keer tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die een het intussen gesterf, maar nou is daar ’n kans dat Adam Woest na slegs 17 jaar in die tronk op parool vrygelaat kan word.
LEES: "Madiba draai in sy graf om" - Veteraanjoernalis Freek Robinson oor SA
Ernusta gaan stel ook ondersoek in oor die sogenaamde plek waar vermiste liggame gevind word op die Kaapse Vlakte. ’n Geharde joernalis onthou die vrees wat die hele gemeenskap beetgepak het, selfs nadat die sogenaamde Stasiemoordenaar tronk toe gestuur is in die negentigjare. Bestaan 'Die Gat' - waar liggame na bewering gereeld gelaat word - rêrig in Mitchells Plain? Volgens gerugte is dit die eerste plek waar gekyk word wanneer iemand vermis raak.
LEES: 'Arendsvlei'-akteurs bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards
Dan, ’n man wat deur die media as die 'Wellington-reeksmoordenaar' of die 'Boland-moordenaar' bekend geword het, sal binnekort in die Wes-Kaapse hooggeregshof verhoor word. Hy het na bewering ten minste drie vroue vermoor nadat hy hulle met die vooruitsigte van ’n lening of werk gelok het. Hulle liggame is op ’n plaas aan die buitewyke van Wellington in die Wes-Kaap gevind. Die man word ook daarvan beskuldig dat hy ’n vierde vrou ontvoer en herhaaldelik verkrag het. Hy sal op ten minste drie moordaanklagte en verskeie van verkragting en ontvoering teregstaan. Ernusta gaan gesels met die slagoffers se families.
Vir Ernusta is daar gewoonlik in elke seisoen een of twee sake wat vir haar uitstaan, maar hierdie keer het elke liewe saak haar diep en hard geslaan.
LEES: 'Die Hof' beloof om hope drama na die kassie te bring!
“Hierdie keer was daar, sonder dat ons dit beplan het, ’n deurlopende tema van ma's wat in ondenkbare pyn sit nadat hul kinders van hulle af weggeruk was. Ek was so geraak deur die diepe pyn in hul oë, maar was terselfdertyd geïnspireer deur hierdie vroue se bomenslike krag om met hul pyn saam te lewe,” vertel sy.
Kyk die voorskou hier:
Die derde seisoen van die SAFTA-bekroonde reeks 'Op Seer Se Spoor', begin op 26 Oktober om 20:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf/ kykNET
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Joburgers show off their Christmas cars - Merry Christmas
There's something about Christmas that makes all things possible...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 3 hours ago -
Three things to do on Christmas in Johannesburg
If you want to do something after the big Christmas lunch, here are some...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 3 hours ago