FOTO'S: Bekende SA model verwelkom baba
Updated | By Scenic Drive With Rian
Model Lee-Ann Liebenberg en haar entrepreneur-man, Nicky van der Walt het hul derde baba, Jagger verwelkom.

In September 2020, het die glanspaartjie Lee-Ann Liebenberg en haar man Nicky van der Walt aangekondig dat hulle 'n seuntjie verwag.
Op Donderdag, 4 Maart, het die glanspaartjie hul seuntjie, Jagger verwelkom.
LEES: Gewilde akteur verlaat '7de Laan' na 15-jaar
Wat die dag nog meer spesial maak is dat Van der Walt en sy pasgebore seuntjie op dieselfde dag hul verjaarsdag vier.
Die sakeman het die opwindende nuus op Instagram gedeel.
"'n Baie gelukkige verjaarsdag vir my en my seun, Jagger, gebore vandag op my verjaarsdag 04/03/21. Mag die goeie Here 'n lig op jou skyn my seun," het die trotse pa geskryf.
Van der Walt het verder vir Liebenberg bedank vir die beste verjaarsdaggeskenk.
Veels geluk, Lee-Ann en Nicky!
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
FOTO: Instagram/ Nicky van der Walt
Show's Stories
-
LOOK: Iconic TV house goes on sale for R250 million
Few people can keep up with this price!
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
SAG Awards upset: Vatican thriller 'Conclave' wins top prize
Vatican thriller 'Conclave' won top prize at an unpredictable Screen Act...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago