FOTO'S: '7de Laan' se Fikani en Alexa raak verloof
Updated | By Scenic Drive With Rian
'7de Laan' se geliefde dokters Fikani Chauke en Alexa Welman is uiteindelik verloof!

Woensdagaand se episode van '7de Laan' was 'n spesiale een, nadat die geliefde sepie-paartjie, Fikani Chauke en Alexa Welman verloof geraak het.
LEES: '7de Laan' se Nicholas Nkuna ook talentvolle sanger
Fikani Chauke (Nicholas Nkuna) en Alexa Welman, wat deur Carina Nel vertolk word, is beide mediese dokters in die Laan.
Die paartjie se liefdesverhaal het duisende kykers warm onder die kraag gelaat, maar '7de Laan' het weereens bewys dat ware liefde enige haat sal oorwin.
In 2020, het Nkuna gesels oor sy sepie-verhouding met Carina Nel.
LEES: Musikante Jak de Priester, Robbie Wessels praat oor hul reise as entrepreneurs
"In 2019 was die verhouding tussen my en dr. Alexa Welman nuut vir kykers. Die swart man en wit vrou was 'vreemd' vir kykers. Deur die loop van tyd het mense gewoond geraak aan die verhouding."
"Ons is akteurs; ons vermaak en ons moet mense opvoed."
FINALLY 😅😅 #Falexa @carinanel88 @nicksoulworld
Posted by 7de Laan (Amptelik) on Wednesday, February 3, 2021
Vroeër die jaar, het SABC aangekonding dat die gewilde sepie vanaf April net drie keer 'n week uitgesaai sal word.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto Kredit: Facebook/ 7de Laan (AMPTELIK)
Show's Stories
-
LOOK: Iconic TV house goes on sale for R250 million
Few people can keep up with this price!
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
LISTEN: Passengers scolded for gross backseat behaviour
Where are public displays of affection appropriate?
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago