FOTO'S: Boer Damian vind sy "normale ou" na 'Boer Soek 'n Vrou'
Updated | By Scenic Drive With Rian
"Ek het lank gebid en gehoop vir die regte persoon," het boer Damian Engelbrecht aan Jacaranda FM genoem.

'Boer Soek 'n Vrou' se eerste gay-deelnemer het in 2019 die meeste briewe van die publiek ontvang.
LEES: "Ek soek net liefde - ek soek net 'n normale ou" - 'Boer Soek 'n Vrou' se boer Damian
Boer Damian Engelbrecht (39) is ’n passievolle skaap-en-beesboer van Bapsfontein in Gauteng en was op soek na sy ideale man. Hy beskryf homself as “een met die natuur.”
Boer Damian het ingeskryf vir liefde, maar ongelukkig het dinge nie vir hom uitgewerk nie.
"Ek soek net 'n normale ou wat hou van die plaaslewe," het hy aan Rian van Heerden genoem.
LEES: Na 'n jaar vind 'Boer Soek 'n Vrou' se Arno Visagie ware liefde by Alexander
Twee jaar later het Damian sy "normale ou", Flippie van den Berg (28) uiteindelik aan die wêreld bekendgestel.
"Ons het hier-en-daar begin gesels op Instagram. Daar was nie baie foto's van hom nie, want hy is 'n skaam ou."
Na ses maande se video-oproepe het die twee mekaar beter leer ken.
"Elke dag gaan dit beter en droom ons saam."
Boer Damian het ook genoem dat hy lank gebid het vir liefde.


Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf/ Damian Engelbrecht
Show's Stories
-
Boss explains salt and pepper test used in job interviews
Would you pass the test?
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago -
Study reveals which country is the most playful
The Mattel study took insights from over 33,000 participants from South ...
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago