Is jou restaurant in die sop? kykNET se nuwe realiteitsreeks kan dalk jou eetplek help
Updated | By Scenic Drive With Rian
Is jy 'n eienaar van ’n eetplek - of dit nou ’n koskaravaan, ’n fynproe- of familie-restaurant is - en op jou knieë is, is hier goeie nuus.
Die ekonomie wêreldwyd het afgelope jaar ’n harde klap gekry. Een van die industrieë wat seker die hardste getref is, is die restaurantbedryf.
Maar moet die pandemie en die ekonomie al die skuld kry vir eetplekke se probleme? Het dit nie dalk ook te doen met swak diens, verouderde spyskaarte en oninspirerende dekor nie? Eienaars kan dalk erken dat hulle hard werk en alles gee, maar aan die einde van die maand wil die boeke net nie klop nie.
LEES: Simoné deel oulike foto's van haar Harper
Indien jy só ‘n eienaar van ’n eetplek – of dit nou ’n koskaravaan, ’n fynproe- of familie-restaurant is – en op jou knieë is, is hier goeie nuus.
'In Die Sop: Restaurant Evolusie' is ’n splinternuwe realiteitsreeks wat op kykNET is.
Aan die stuur van die program en ook as aanbieder, is die bekroonde supersjef Bertus Basson. Hy sal deur ’n span deskundiges ondersteun word.
LEES: '7de Laan' se Zac, Tiaan, Bart en George hou reünie
Bertus is in die Kaap gebore, maar het in die noorde van die land grootgeword. Hy het van ’n baie jong ouderdom reeds sy ma in die kombuis begin help en het op 17 vir hom ’n loopbaan in die kosbedryf begin uitkap.
Op 19 het is hy Londen toe waar hy onder meer vir die Michelin-bekroonde Chez Bruce gewerk het. Ná sy terugkeer na Suid-Afrika is hy met verskeie toekennings vereer waaronder die Eat Out San Pellegrino & Acqua Panna Sjef van die Jaar in 2019. Bertus is die eienaar en sjef by vyf restaurante in en om Stellenbosch.
LEES: Die legendariese Sandra Prinsloo gesels oor haar solostuk, 'Spertyd'
“Ek het al groot sukses gemaak, maar oor die jare het ek ook baie foute gemaak en duur lesse geleer,” sê hy. “Nou wil ek graag daardie insigte met ander restaurant-eienaars deel.”
"Ons moet bedien wat in seisoen is. Dit moet vars wees. As jy in die karoo bly, kan jy nie tuna bedien nie."
'In Die Sop: Restaurant Evolusie' word Woensdae om 20:00 op kykNET (Kanaal 144 op DStv) uitgesaai.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf
Show's Stories
-
Mom shares video of siblings dealing with conflict like pros
An American mom who documents her journey of raising three daughters, in...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
Could Dwayne Johnson be the best dad ever?
Dwayne 'The Rock' Johnson is an OG girl dad, but did his girls take thin...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago