"Klou vas aan geliefdes en koester Kerstyd saam" - 'Suidooster' se Jill Levenberg
Updated | By Dean Paulse
Jill Levenberg van 'Suidooster' glo dat na hierdie moeilike jaar móét Suid-Afrikaners aan geliefdes vasklou.

Bekroonde aktrise, Jill Levenberg, is een van Suid-Afrika se gewilde persoonlikhede met talle toekennings agter haar naam.
Jill Levenberg en mede aktrise, Lee-Ann van Rooi, wat die rolle van Mymoena Samsodien en Farah Samsodien in 'Suidooster' vertolk, het vroeër vanjaar negatiewe kommentaar ontvang van talle kykers.
In die gewilde kykNET-sepie, het die karakter Farah Samsodien verlief geraak, en getrou saam met AB Samsodien wat deur Cedwyn Joel vertolk word. Mymoena en AB is al meer as 30 jaar getroud.
Volgens die Moslem-geloof, is 'n poliamorie-huwelik wetting. Hierdie het duisende Suid-Afrikaners ontstel, maar die akteurs het ook lof ontvang vir hul geloofwaardige toneelspel en talent.
Na 'n jaar van kritiek, maar ook lof, kom rus en vreugde - en dit is presies wat Jill Levenberg gaan doen.
"Ek sien uit om te rus en tyd met my familie en my suster se baba te spandeer. Ek het in September vir die eerste keer tante geword van 'n babadogtertjie - en ek is verlief!"
Met al die opwinding van die feestyd - onthou sy ook die spesiale en kosbare oomblike.
"Iets wat altyd vir my uitstaan is... toe ek klein was het my ouers vir my 'n pienk fiets gekoop met 'n pienk gebreide Pink Panther bo op. Dit was só oulik en spesiaal."
"My boodskap vir Suid-Afrikaners is om die meeste te maak van elke dag. Dit is 'n ongelooflike moelike tyd vir ons almal. Ons is hartseer, bang en voel ingehok en onseker. Klou vas aan julle geliefdes en koester julle Kerstyd saam. Tyd saam bring genesing en hoop."
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago