KYK: Aktrise Anel Alexander weer terug by die huis
Updated | By Scenic Drive with Rian
Aktrise en vervaardiger Anel Alexander veruil Los Angeles vir Suid-Afrika.

Pretorianer, Anel Alexander het terug huistoe getrek nadat sy en haar man James Alexander serdert die einde van 2016 in Los Angeles woonagtig was. Alexander wie se biografie op haar Instagram-platform lees; deeltydse akrtise, deeltydse vervaardiger en volle mens, is vir meer as 15 jaar aktief in die vermaaklikheidsbedryf.
LEES: Koningin Elizabeth II daag vir haar gunsteling-blommeskou in styl op
James Alexander is ook `n bekende Suid-Afrikaanse akteur. Die egpaar het hul skoene veruil vir Los Angeles , die middelpunt van Hollywood se film- en -televisiebedryf. Anel kan onthou hoe plaaslike inwoners aan hulle voor was dat dit vyf jaar sal neem om jou voete te vind. Alexander voel hulle was reg. Dit het die akteur-en -aktriseduo sowat vyf en `n halwe jaar geneem voordat hulle heeltemal tuis en ingeburger gevoel het.
LEES: Sanger Demi Lee Moore deel opwindende trourok-nuus
Anel is hartgebroke om die haar Los Angeles-familie te moes groet, maar is opgewonde oor wat die toekoms inhou. Sy sê ‘om in 'n ander land oor te begin, halfpad oor die wêreld was een van die moeilikste, maar mees lonende dinge wat ek nog ooit moes doen’. ‘Ek sal nooit almal genoeg kan bedank vir hul vriendelikheid en vrygewigheid nie. Dankie uit die diepte van ons harte’ het `n dankbare Anel Alexander op Instagram geplaas.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Foto: Instagram/ Anel Alexander
Show's Stories
-
Here's why you must check the salt shaker when dining out
This is like adding salt to your wounds...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
How do you renew your car licence disc?
FNB customers can still pay R69 for delivery when renewing their licence...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago