KYK: Die Scenic Drive-span kuier met Dean Smith en al sy karakters
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die Scenic Drive-span het 'Suidooster' se Dean John Smith beter leer ken, asook sy gewilde aanlynkarakters, Bettie en Wouter.
Weeksaande is Dean Smith te sien as Wade in die bekroonde kykNET-sepie, 'Suidooster'.
Die talentvolle jong akteur het in 2016 sy merk op die teatertoneel gemaak toe hy 'n kykNET Fiësta-toekenning as beste manlike byspeler ontvang het vir sy spel in die teaterproduksie, 'Die Dag Is Bros'.
KYK: '7de Laan' maak wéér geskiedenis met gay-soen
Smith het deesdae sosiale media ook aan die gons met sy skreeusnaakse aanlynkarakters, Bettie en Wouter. Bettie is 'n ouer dame wat waarvan hou om oor die foon te skinder.
Sy ander persona, Wouter is mal daaroor om interessante fiksheidwenke te deel.
Die Scenic Drive-span het Vrydag met Smith gesels oor dié aanlynkarakters.
Skakel in vir die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
FOTO: Verskaf/ Dean Smith
Show's Stories
-
VIDEO: Kolisi, Etzebeth and du Plessis star in new ad
The sportsmen are not just great on the field or in the octogon.
The Drive with Rob & Roz 40 minutes ago -
ICYMI: Chef shares five things he to never eat at restaurant
If you find yourself looking at these items on the menu, you might want ...
The Drive with Rob & Roz an hour ago