KYK: Elandré sing 'Binne & Buite' in gewilde sepie
Updated | By Scenic Drive With Rian
Watter beter manier is daar om ’n langnaweek mee af te skop as met ’n behoorlike jol?

En aangesien ons in die ritme van ’n nuwe normaal is en bekend geraak het met virtuele kuiers, is ’n afspraak voor die kassie presies wat ons voorstel.
LEES: 'Wat Dit Vat' met Loki Rothman binnekort op die kassie!
Kykers en aanhangers van 'Getroud Met Rugby' was Donderdagaand, 23 September 2021 deur die sangsensasie, Elandré vermaak.
LEES: KYK: 'Kaalgat Karel' is die humoristiese verhaal van ’n dertigjarige kaalnaeler
Hy het sy jongste treffer, 'Binne & Buite' gesing.
LEES: Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie
Elandré sê: “Dit was ’n fees om op stel te wees. Daar was ’n ware Saterdagaand gevoel. Die feit dat die legendariese Elzabé Zietsman in die gehoor was, was waarlik die kersie op die koek. Dit was ook so aangenaam om op te vang met Christel, David en klein Daniel. Babysitting in die DJ Booth!”
Kyk na die optrede hieronder:
'Getroud Met Rugby' wys weeksdae om 18:00 op kykNET, DStv kanaal 144. Dit is ook op DStv Catch Up en Showmax beskikbaar.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
LOOK: R390 million blue diamond goes on show
The 10-carat Mediterranean Blue, which will go on sale in Geneva next mo...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
'We knew it was magic' - 'Egoli' cast reunite after years
The first episode of 'Egoli: Place of Gold' aired on South African telev...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago