KYK: Mike Bolhuis is terug met tweede seisoen

KYK: Mike Bolhuis is terug met tweede seisoen

Spesialis ondersoeker, Mike Bolhuis, wend weereens sy allerbeste pogings aan om misdaad te beveg en boewe agter die tralies te laat beland.

Mike Bolhuis
Verskaf/ Mike Bolhuis

In die tweede seisoen is Mike Bolhuis op soek na internasionale voorvlugtiges, fokus hy op moorde tot bedrog en kyk na die nuwe dwelms wat veral skoolkinders teiken. Okkultiese bedrywighede word onder die soeklig geplaas, en Mike probeer ’n dorp red en waarsku op sy unieke manier wie jy op verlief moet raak en wie nie.

Ons sien die sagter kant van Mike wanneer hy Kimberley besoek om die flaminke vry te laat wat hy onlangs gered het, en daar is selfs ’n troue op die horison. Soos met die vorige seisoen kan kykers ’n Mike verwag wat nie skroom om doekies om te draai nie!

LEES: Nataniël gesels oor inperking, nuwe projekte en gewigverlies

Mike Bolhuis skroom nie om ’n ding op sy naam te noem nie. In die tweede seisoen is dit ook nie anders nie. In die eerste episode kry kykers te doen met Mike en sy span en alles wat hulle bereid is om te doen om dwelmhandel te stop. 

In die tweede episode ontmoet ons vir Ferdi Barnard, die voormalige polisieman en sluipmoordenaar wat 20 jaar in die tronk was vir die moord op dr. David Webster. Maar wie is die ware Ferdi Barnard?

LEES: Die Scenic Drive vier 15 jaar van 'Binnelanders' met Hans Strydom en Melinda Brink

Van die ander programme in die reeks gaan oor ouers wat jare later steeds die moordenaar van hulle dogter probeer opspoor en oor hoe goedgelowige mense ’n gat in die kop gepraat word om hulle geld by swendelaars te belê. Daar word ook weer gekyk na Mike se reddingspoging van 2 134 flaminkkuikens in Kimberley. 

Bolhuis begin Donderdag 15 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Show's Stories