Legendariese Theuns Jordaan word by Woordfees gevier
Updated | By Scenic Drive with Rian
Ná twee jaar van onderbreking is die Toyota US Woordfees terug en vier die lewe van musiek-legende, Theuns Jordaan.
Die Woordfees is vir menigde sinoniem aan vermaak uit die boonste rakke. Die Woordfees staan terug vir min. Feesgangers kan uitsien na tonne vermaak, genot en saam-sing liedtjies.
LEES: Jennifer Lopez stel dogter as "hulle" bekend
Volgens die direkteur van die Woordfees, Saartjie Botha, sal die Woordfees op verskillende platforms uitgesaai word, insluitend-aanlyn op DStv en GOtv Namibië. Die eerste aanbieding vind vanaf 15 tot 28 Julie aanlyn plaas, terwyl dit in Oktober in Stellenbosch aangbied sal word.
Bekend vir treffers soos 'Hakkieshart', 'Hillbrow' en 'Soos Bloed', is Theuns Jordaan se sang gekenmerk deur sy diep emosionele basstem, 'n stem wat diep in mense se harte gekruip het. Jordaan is in 2021 oorlede na 'n stryd met kanker.
LEES: Springbok Koeksisters in Pretoria het wéér krag
Aanhangers en feesgangers kan gerus uitsien na 'Saluut, Theuns Jordaan'.
Dit is 'n komtempêre musiekprogram waarin gesoute kunstenaars soos Tarryn Lamb, Karen Zoid, Anton Goosen en Bok van Blerk hulde aan Jordaan sal bring.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Woman sentenced after sending farting videos to partner's ex
This is a first-of-its-kind cyber farting case...
Breakfast with Martin Bester 23 minutes ago -
Passengers left in shock: 'Is there a pilot onboard?'
Passengers on a FlySafair plane might have been left quite shocked after...
Breakfast with Martin Bester an hour ago