MultiChoice stap weg met 47 SAFTA-toekennings
Updated | By Scenic Drive With Rian
MultiChoice het Saterdagaand op die 15de Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings altesaam 47 toekennings ingeoes.
MultiChoice stap weg met 47 SAFTA-toekennings by die 15de Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings (SAFTAs) – ‘n bevestiging van dié veelsydige inhoudvervaardiger as Afrika se mees geliefde storieverteller wat van die beste plaaslike inhoud skep.
LEES: 'Legacy': A dazzling local telenovela with a to-die-for ensemble cast
Hier is van die hoogtepunte:
Mzansi Magic se 'Gomora' is die Gewildste TV-sepie/Telenovela, soos gestem deur Suid-Afrikaners.
DStv-kanale Mzansi Magic, 1Magic en M-Net kraai koning in die Telenovela-kategorie, met M-Net se 'Legacy' as die Beste Telenovela gekroon. kykNET se 'Griekwastad' wen Beste Speelfilm. Menzi Ngubane, Michelle Botes, Meshack Mavuso Magabane, Brandon Auret, Kate Liquorish, Martelize Kolver en June van Merch is van die akteurs wat vir die eerste keer ‘n SAFTA-toekenning ontvang.
LEES: "I'm doing great" - Kelly Khumalo opens up about the controversy in her life
Showmax se 'Life With Kelly Khumalo' word gekroon as die Beste Gestruktureerde Werkliheids-TV-sepie, en SuperSport se 'Chasing The Sun' word gekroon as die Beste Televisiedokumentêr.
kykNET wen óók groot:
Clint Brink het ‘n SAFTA-toekenning gewen as Beste Akteur in ‘n TV-sepie vir sy rol as Steve Abrahams in 'Binnelanders'. Gerrit Schoonhoven, wat vroeër vanjaar oorlede is, was deel van die regiespan wat die SAFTA-toekenning vir Beste regie in ‘n TV-sepie (Binnelanders) ontvang het. James Borthwick is vir die tweede keer aangewys as Beste Akteur in ‘n TV-komedie vir sy rol as Ferdie in die kykNET-komedie, 'Hotel'. Martelize Kolver het ook ‘n SAFTA-toekenning as Beste Ondersteunende Aktrise in ‘n komedie vir haar rol as Brenda in 'Hotel' ontvang. June van Merch het haar eerste SAFTA gewen as Beste Ondersteunende Aktrise in ‘n TV-drama vir haar rol as Sara in 'Sara Se Geheim;. Ander SAFTA-toekennings vir kykNET sluit in:
- Beste Speelfilm: 'Griekwastad'
- Beste Prestasie in redigering – speelfilm: 'Griekwastad'
- Beste Prestasie in regie – TV-sepie: 'Binnelanders'
- Beste TV-program in ’n internasionale formaat: 'Hoor My, Sien My, Soen My'
- Beste Verskeidenheidsprogram: 'Republiek van Zoid Afrika'
- Beste Prestasie in regie – TV-drama: 'Tydelik Terminaal'
'Legacy' kraai koning
M-Net se 'Legacy' (DStv-kanaal 101), wat in September 2020 geloods is, is as die Beste Telenovela aangewys, met aktrise Michelle Botes (Angelique Price in 'Legacy') wat haar eerste SAFTA as die Beste Ondersteunende Aktrise in ‘n telenovela gewen het. M-Net het ook die volgende SAFTA-toekennings ontvang:
LEES: Michelle Botes skitter in nuwe telenovelle
- Beste Aktrise – TV-drama: Kate Liquorish (Abi - 'Still Breathing')
- Beste Akteur – TV-drama: Brandon Auret (Danny - 'Still Breathing')
- Beste Aktualiteitsprogram: Carte Blanche: Women’s Month Special
Hier is die volledige lys van Multichoice se SAFTA-wenners:
1. Gewildste TV-sepie/telenovela: 'Gomora' (Seriti Films) | Mzansi Magic
2. Beste Telenovela: 'Legacy' (Tshedza Pictures) | M-Net 101
3. Beste Speelfilm: 'Griekwastad' (SCENE23) | kykNET
4. Beste Kortfilm: 'Address Unknown' (Green Leaf Films) | Showmax
5. Beste Aktrise – telenovela: Sindi Dlathu (Lindiwe - 'The River') | 1Magic
6. Beste Aktrise – TV-drama: Kate Liquorish (Abi - 'Still Breathing') | M-Net 101
7. Beste Akteur – telenovela: Menzi Ngubane (Judas Nqwenya – 'Isibaya') | Mzansi Magic
8. Beste Akteur – TV-sepie: Clint Brink (Steve Abrahams – 'Binnelanders') | kykNET
9. Beste Akteur – TV-drama: Brandon Auret (Danny - 'Still Breathing') | M-Net 101
10. Beste Akteur – TV-komedie: James Borthwick (Ferdie – 'Hotel') | kykNET
11. Beste Vroulike Byspeler – telenovela: Michelle Botes (Angelique Price - 'Legacy') | M-Net 101
12. Beste Vroulike Byspeler – TV-drama: June van Merch (Sara - 'Sara se Geheim') | kykNET
13. Beste Vroulike Byspeler – TV-komedie: Martelize Kolver (Brenda – 'Hotel') | kykNET
14. Beste Manlike Byspeler – telenovela: Meshack Mavuso Magabane (Nsizwa - 'The River') | 1Magic
15. Beste Prestasie in regie – speelfilm: 'Griekwastad' (Jozua Malherbe) | kykNET
16. Beste Gestruktureerde Werklikheids-TV-sepie: 'Life with Kelly Khumalo' (Barleader TV) | Showmax
17. Beste Dokumentêre Rolprent: 'How To Steal A Country' (Rehad Desai en Mark Kaplan) | Showmax
18. Beste Televisiedokumentêr: 'Chasing The Sun' (SuperSport, SA Rugby en T+W) | SuperSport
19. Beste Werkliheids-TV-kompetisieprogram: 'Celebrity Mystery Box' (Brightfire Pictures) | Mzansi Magic
20. Beste TV-program in ’n internasionale formaat: 'Hoor My, Sien My, Soen My '(Afrokaans Film & Television) | kykNET
21. Beste Aktualiteitsprogram: 'Carte Blanche': Women’s Month Special (Verskeie kunstenaars) |
22. Beste Verskeidenheidsprogram: 'Republiek van Zoid Afrika' (Brainwave Productions) | kykNET
23. Beste Vermaaklikheidsprogram: 'Maak My Famous' – Showcase (All Star Entertainment) | kykNET
24. Beste Televisiefilm: 'Loving Thokoza' (Black Brain Pictures) | Showmax
25. Beste Prestasie in regie – telenovela: 'Gomora' Seisoen 1 (Thabang Moleya, Nthabiseng Mokoena, Nozipho Nkelemba and Lefuno Nekhabambe) | Mzansi Magic
26. Beste Prestasie in regie – TV-sepie: 'Binnelanders' (Danie Joubert, Roché Knoesen, Riaan Meij, Charl van Biljon, Gerrit Schoonhoven en Jaco Vermeulen) | kykNET
27. Beste Prestasie in regie – TV-drama: 'Tydelik Terminaal' (Etienne Fourie en Elanie Rupping) | kykNET
28. Beste Prestasie in regie – dokumentêr: 'How To Steal A Country' (Rehad Desai en Mark Kaplan) | Showmax
29. Beste Prestasie in draaiboekskryf – telenovela: 'The River' (Gwydion Beynon en Phathutshedzo Makwarela) | On 1Magic
30. Beste Prestasie in draaiboekskryf – TV-komedie: 'Black Tax' (Byron Abrahams, Lwazi Mvusi, Joshua Rous en Meren Reddy) | BET en Showmax
31. Beste Prestasie in draaiboekskryf – TV-drama: 'Housekeepers' (Portia Gumede, Duduzile Mabaso, Lufuno Nemungadi en Lidudumalingani) | Mzansi Magic
32. Beste Prestasie in draaiboekskryf – speelfilm: 'Toorbos' (René van Rooyen) | kykNET
33. Beste Prestasie in oorspronklike klankbaan – telenovela: 'The River' (Brendan Jury) | 1Magic
34. Beste Prestasie in oorspronklike klankbaan – TV-drama: 'Lockdown' (Kurt Slabbert, Jamela Vuma & Mandla Ngcongwane) | Showmax
35. Beste Prestasie in oorspronklike klankbaan – speelfilm: 'Toorbos' (Andries Smit) | kykNET
36. Beste Prestasie in redigering – telenovela: 'The River' (Bongi Malefo, Edgar Sibaya, Sphiwe Nhlumayo en Ula Oelsen) | 1Magic
37. Beste Prestasie in redigering – TV-drama: 'Still Breathing' (Miriam Arndt en Alistair Thomas) | M-Net 101
38. Beste Prestasie in redigering – dokumentêr: 'How To Steal A Country' (Megan Gill) | Showmax
39. Beste Prestasie in redigering – speelfilm: 'Griekwastad' (Lucian Barnard) | kykNET
40. Beste Prestasie in klankontwerp – TV-sepie/telenovela: 'The River' (Ben Oelsen en Tladi Mabuya) | 1Magic
41. Beste Prestasie in klankontwerp – dokumentêr: 'How To Steal A Country' (Charlotte Buys) | Showmax
42. Beste Prestasie in kinematografie – telenovela: 'Legacy' (Trevor Brown) | M-Net 101
43. Beste Prestasie in kinematografie – dokumentêr: 'Chasing The Sun' (Carter Devin) | SuperSport
44. Beste Prestasie in kostuumontwerp – TV-sepie/telenovela: 'Legacy' (Zandile Mncwango) | M-Net 101
45. Beste Prestasie in grimering en haarstilering – TV-sepie/telenovela: 'Legacy' (Jenny Sprawson) | M-Net 101
46. Beste Prestasie in grimering en haarstilering – TV-drama: 'Trackers' (Babalwa Mtshiselwa) | M-Net 101
47. Beste Prestasie in produksie-ontwerp – TV-sepie/telenovela: 'Legacy' (Amanda Scholtz) | M-Net 101
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Verskaf/ kykNET
Show's Stories
-
Iconic Prince shirt set to sell for R1.1 million
The music legend's famous 'Purple Rain' shirt is heading to auction.
The Drive with Rob & Roz 25 minutes ago -
Who said you need a van to load your furniture?
Trust a South African to always "maak 'n plan".
The Workzone with Alex Jay 4 hours ago