Musikante Jak de Priester, Robbie Wessels praat oor hul reise as entrepreneurs
Updated | By Scenic Drive With Rian
Gewilde Afrikaanse-musikante Jak de Priester en Robbie Wessels het met die Scenic Drive-span gesels oor hul nuwe begin as entrepreneurs.

As gevolg van die inperking, was konserte en optredes vir eers op die ys gesit, en duisende musikante het hulself in 'n finansiële penarie bevind.
Gewilde Afrikaanse-musikante Jak de Priester en Robbie Wessels het toe besluit dat dié inperking hulle nie gaan onder kry nie.
LEES: "Ons dogtertjie is ons grootste geskenk" - Simoné Pretorius oor haar swangerskap
Beide musikante het nuwe avonture as entrepreneurs aangepak.
De Priester het onlangs sy loopbaan as eiendomsagent begin terwyl Wessels ‘n mobiele koffiewinkel oopgemaak het.
Die twee het met die Scenic Drive-span gesels oor hul nuwe avonture, asook die uitdagings van entrepreneurskap. Beide musikante het ook advies ontvang van twee legendes in Suid-Afrika.
Die legendariese aktrise en eiendoms magnaat, Nomsa Nene het met Jak de Priester wenke gedeel oor die industry.
Rugby legende en koffiewinkel eienaar, Kobus Wiese het vir Robbie Wessels paar wenke vir sy mobiele koffiewinkel.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto's Krediet: Instagram/ Jak de Priester & Robbie Wessels
Show's Stories
-
Rozanne McKenzie's guide to Oscar-winning movies
Our resident movie queen is here to tell you all you need to know.
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
LISTEN: Here's where you should be storing medication
Here are some tips on keeping your medication safe and secure.
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago