'Nêrens, Noord-Kaap': Teaterstuk word omskep in dramareeks

'Nêrens, Noord-Kaap': Teaterstuk word omskep in dramareeks

Die teaterstuk is in ‘n 13-episode familiedrama omskep. 

Nêrens, Noord-Kaap
Verskaf/ kykNET

Die teaterstuk, 'Nêrens, Noord-Kaap', word vanaf 31 Augustus 2021 as ‘n volwaardige dramareeks op kykNET (kanaal 144) uitgesaai sal word.

'Nêrens, Noord-Kaap', het sedert 2017 uitverkoopte teaterlokale gehad. Dit is as Beste Nasionale Debuut by die Vrystaat Kunstefees bekroon en het die kykNET Fiësta-toekenning vir Beste Ensemblewerk verower. 

LEES: Konings van optel en afskud: Gerhard Steyn en Alvin Bruinders gesels oor gewigsprobleme

Drie vervreemde broers vind die kronkelpad terug na hulle ouerplaas, Nêrens, waar geheime, hartseer en die waarheid oor hulle ma se dood, in die pad van verlossing staan. 

Lourens Adendorff, die boer en patriarg van hierdie dorre koningkryk, kom skaars uit die huis uit. Die gordyne van sy sandsteen kasteel altyd toegetrek. Sy Nederlandse vrou, Katja, is reeds twintig jaar al oorlede en sy drie seuns het hom almal verlaat.

LEES: Joernalis se verhouding met Krugersdorp-reeksmoordenaar eindig

Frans, die oudste, bestuur nog die plaas maar praat skaars ’n woord met sy pa. Ronnie, die middelkind, sit geskei in Kaapstad en probeer sy seuntjie van ’n afstand af grootmaak. En Andries, die jongste, appel van sy pa se oog, het hulle almal verwerp en is al jare lank oorsee.  Die familie is in stukke, en die plaas stagneer in tyd en plek.

Nêrens, Noord-Kaap
Verskaf/ kykNET

Die rolverdeling spog met ‘n dinamiese verskeidenhied van Suid-Afrikaanse talent. Frank Opperman ('Dominee Tienie', 'G.I.L.', 'Pandjieswinkel') is te sien in die rol van Pa Lourens, met De Klerk Oelofse ('Hotel', 'Die Boekklub', 'Fynskrif'), Albert Pretorius ('Slot', 'Johnny Is Nie Dood Nie', 'Die Seemeeu') en Geon Nel ('Die Boekklub', 'Die Seemeeu', 'Vallei Van Sluiers') wat die rolle van die drie Adendorff-seuns, Andries, Ronnie en Frans, hervat. Dié drie is ook te sien in die gelyknamige teaerstuk.


Frank Opperman Nêrens, Noord-Kaap
Verskaf/ kykNET


Nico Scheepers ('Die Maan Val Bewusteloos', 'Posbus 1'), wat die teaterstuk geskryf het, het die tekste vir televisie aangepas, met Saartjie Botha wat as teksredigeerder gehelp het – saam het hulle die teaterstuk in ‘n 13-episode familiedrama omskep. Nico en Johan Cronje ('Wonderlus', 'Meisies Wat Fluit', 'The Day We Didn’t Meet') hanteer die regie van die reeks.

LEES:  FOTO'S: Gewilde 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

“Met die skryf van die teaterstuk wou ek ‘n spesifieke aar van Afrikaans raakboor, en om dit te verdiep in die dramareeks – hierdie storiewêreld van oop horisonne, liefde en grond wat in ons erfenis en taalhart opgeskryf is,” verduidelik Nico. “Op die ou end dra ek dit op aan my eie pa.”

LEES: "Ek is honger vir 'n nuwe rol"- Sean van Noordwyk groet sy geliefde karakter

Dean Balie (wat vroeër vanjaar ‘n kykNET Fiësta Sinjatuur-toekenning ontvang het as opkomende kunstenaar) vertolk die rol van Jan-Jan (die voorman op die plaas) en Ilse Klink ('Stroomop', 'Skemerdans', 'Arendsvlei') vertolk die rol van Maggie, wat ‘n integrale rol in die grootmaak van die drie Adendorff-seuns speel. Tinarie van Wyk-Loots, Marion Holm, Gideon Lombard, Ludwig Binge, Patricia Baadjies en Melissa Willering maak ook deel uit van die top klas-rolverdeling.

Ilse Klink, Nêrens, Noord-Kaap
Verskaf/ kykNET


Kykers maak ook kennis met ‘n paar nuwe gesigte – Johannes Jordaan, Lehan Swanepoel en Thommi Swanepoel, wat die jonger weergawes van Andries, Ronnie en Frans vertolk. Arnold Swart maak ook sy televisiedebuut as Lourens, Ronnie se seun uit sy verbrokkelde huwelik.

LEES: KYK: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind

'Nêrens, Noord-Kaap' word vervaardig deur Nagvlug Films, wat verantwoordelik is vir treffers, soos 'Hotel', 'Wonderlus', 'Posbus 1', 'Meisies Wat Fluit', 'Barakat' en 'Skemerdans'.


'Nêrens, Noord-Kaap' saai vanaf Dinsdag 31 Augustus 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Show's Stories