"Nog nooit was die woord positief so negatief" - Sangeres Nádine
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die gewilde en talentvolle sangeres Nádine het positief getoets vir COVID-19.
Die stryd teen COVID-19 is swaar en meestal eensaam, maar sangeres Nádine veg aan net meer as vyf dae sedert sy COVID-19 opgedoen het.
LEES: 'OppieStoep' verwelkom ‘n nuwe aanbieder saam met Pietman
Sy het Vrydag op haar Facebook-blad haar diagnose met haar volgelinge gedeel.
"En so word ek deel van die statistiek. Oornag," het Nádine geskryf.
LEES: Veteraanakteurs weer te sien in 'Lui Maar Op, Belinda'
"Nog nooit was die woord positief so negatief nie. Twee aande reeds van lyfpyn en erge hoofpyn, veral in my hande. Vreemd hoe COVID almal op 'n ander manier aanval," het sy verder geskryf.
Duisende aanhangers het haar sterkte toegewens vir haar stryd met die dodelike virus.
Volgense Jacaranda FM News, is Gauteng tans die episentrum van COVID-19 in Suid-Africa.
Volgens die nuuste statistieke, is 12,222 nuwe gevalle in Suid-Afrika aangewys.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Facebook/ Nádine
Show's Stories
-
Joburgers show off their Christmas cars - Merry Christmas
There's something about Christmas that makes all things possible...
The Workzone with Alex Jay 9 minutes ago -
Three things to do on Christmas in Johannesburg
If you want to do something after the big Christmas lunch, here are some...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 10 minutes ago