Olimpiese kampioen Wayde van Niekerk spog binnekort met 'n nuwe titel
Updated | By Scenic Drive With Rian
Wayde van Niekerk en sy vrou, Chesney, het dié opwindende nuus met aanhangers gedeel.

Die Olimpiese gouemedaljewenner Wayde Van Niekerk en sy vrou, Chesney, verwag hul eerste baba.
LEES: ‘Kyk Wie Praat’ gaan sorg vir groot vermaak op kykNET!
Die 400 meter-kampioen het die nuus Maandag op sosiale media bekend gemaak. Die paartjie noem dat die geslag van hul pienkvoet ook verklap sal word.
LEES: André Schwartz haal weer asem na noue COVID-19 ontkoming
Die Instagram-inskrywing bevat 'n illustrasie van 'n vrou wat hardloop met 'n vlag waarop staan: "Bun in the oven", gevolg deur 'n man wat agter haar hardloop, albei glimlaggend.
"Ons sien uit na hierdie proses en om 'n gesonde en geseënde swangerskap te hê," het Chesney op Instagram gedeel.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Instagram/ Chesney van Niekerk
Show's Stories
-
Chinese man pulls out Zambuk to prove he's South African
This social media video had many South Africans declaring him a true Sou...
The Workzone with Alex Jay 7 hours ago -
Mother shares how she knows when her husband has shopped
Who buys all the junk in your home?
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 7 hours ago