Ollie, die singende nar vier 25ste verjaarsdag met die Scenic Drive
Updated | By Scenic Drive With Rian
Ollie, die singende nar, vier sy 25ste verjaarsdag met die Scenic Drive-span - en kry ook 'n spesiale verrassing van 'n paar '7de Laan'-akteurs.

Pieter Vorster, of beter bekend as Ollie, die singende nar vier vanjaar sy 25ste jaar as beroepsnar.
LEES: FOTO'S: Aktrise Simoné en Andries Pretorius deel groot nuus!
As Ollie die singende nar, kon die Pretorianer duisende mense oor die jare vermaak, maar die lewe het hom ook ’n paar dwarsklappe gegee.
Volgens Voster, was sy loopbaan as beroepsnar nie maklik nie. Ollie is tans besig om van sy vrou te skei, het R800,000 se skuld en is tans werkloos.
"Gedurende die inperking kon ek nie werk nie. Daar is nou bietjie meer werk - so ek gebruik tans Ubers om by werk uit te kom," het hy aan die Scenic Drive-span verklap.
"Ek en my vrou is goeie vriende. Ons kinders is ons alles."
Die gewilde inwoners van '7de Laan', Makro Greyling, Vince Meintjies en Shawn Basson het Ollie verras met 'n spesiale verjaarsdagboodskap.
Die Scenic Drive-span het Ollie verras met 'n nar, CJ The Clown. Kyk na die oomblik hieronder:
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 5 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 5 hours ago