Ontmoet die 10 boere van 'Boer Soek 'n Vrou'
Updated | By Dean Paulse
10 Suid-Afrikaanse boere vir 'Boer Soek 'n Vrou' is op 19 Julie aan Suid-Afrika bekendgestel.
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/Screen_Shot_2020-07-20_at_10.40.51.width-800.png)
Die gewilde kykNET-werklikheidsreeks, 'Boer Soek ’n Vrou', kan nou 2020 se tien boere, wat vanjaar op ’n liefdesreis wil gaan om die ideale pasmaat te vind, onthul.
Vanjaar se boere se ouderdomme wissel tussen 24 en 52, terwyl daar drie boere van die Vrystaat, drie van die Wes-Kaap, twee van Mpumalanga, een van Gauteng en een van Noordwes is.
LEES: KYK: Ons leer ken die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' Marciel Hopkins
Anders as tevore, gaan voornemende pasmaats nie handafgelewerde briewe of pakkies vir boere kan stuur nie en sal slegs digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, aanvaar.
In die verlede is 'Boer Soek ’n Vrou', wat vanjaar deur Marciel Hopkins aangebied word, van Oktober tot Januarie uitgesaai, maar die Covid-19-pandemie het produskie vertraag en die dertiende reeks sal dus eers in 2021 op kykNET afskop. Kykers sal die boere se liefdesreis van Donderdag 21 Januarie kan begin volg en ouder gewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang het.
Hier is die 10 boere wat opsoek is na liefde:
Albert, 24
Boerdery: Rooibostee, citrus en skape
Gebied: Clanwilliam, Wes-Kaap
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/38._ALBERT.original.jpg)
Déan, 28
Boerdery: Macadamia-neute
Gebied: Nelspruit, Mpumalanga
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/Screen_Shot_2020-07-20_at_10.20.47.original.png)
Hannes, 52
Boerdery: Gemengde Boedery
Gebied: Kroonstad, Vrystaat
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/51._HANNES.original.jpg)
Kobus, 52
Boerdery: Gemengde Boedery
Gebied: Randfontein, Gauteng
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/1._KOBUS.original.jpg)
Marthinus, 25
Boerdery: Gemengde Boedery
Gebied: Arlington, Vrystaat
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/7._MARTHINUS.original.jpg)
Mathys, 25
Boerdery: Skaap, Bees en Bosbou
Gebied: Dullstroom, Mpumalanga
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/41._MATHYS.original.jpg)
Niel, 32
Boerdery: Vrugte
Gebied: Grabouw, Wes-Kaap
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/16._NIEL.original.jpg)
PF, 30
Boerdery: Vee, Groente en Saad
Gebied: Lainsburg, Wes-Kaap
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/48._PF.original.jpg)
Richann, 29
Boerdery: Skilderbokke
Gebied: Vredefort, Vrystaat
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/10._RICHANN.original.jpg)
Stephan, 40
Boerdery: Bees en Saai
Gebied: Lichtenburg, Noordwes
![Boer Soek 'n Vrou](https://turntable.kagiso.io/images/20._STEPHAN.original.jpg)
Show's Stories
-
VIDEO: Tourist biker tries to make friends in SA
Are South Africans really the friendliest people?
The Drive with Rob & Roz 28 minutes ago -
Romantic drama triggers government crackdown on Iranian film
A romantic drama about an elderly couple who share a night together to e...
The Drive with Rob & Roz an hour ago