Oprah onthul dat haar pa (89) afgesterf het
Updated | By The Afternoon Drive
Vernon Winfrey se dood kom minder as 'n week gelede nadat die weldadige Oprah Winfey haar pa in sy eie agterplaas vereer het.

Die verhouding tussen Oprah Winfrey en haar pa, Vernon Winfrey, was nog altyd hewig, en sy het gereeld haar dankbaarheid teenoor hom uitgespreek.
LEES: Sangsensasie Bernice West se tweede album is hier!
Op 4 Julie, toe Amerika Onafhanklikheidsdag gevier het, het Winfrey haar pa, Vernon Winfrey (89), verras met ’n baie unieke viering. Winfrey het gesamentlik met vriende en familie vir haar pa 'n verrassing gehad deur in sy eie agterplaas 'n braai te hou.
LEES: Amerikaanse musieklegende doen goed ná flouword-voorval
Op Instagram het Winfrey 'n plasing gemaak oor haar pa se afstrewe, sy het geskryf: "Minder as 'n week gelede het ons my pa in sy eie agterplaas vereer. My vriend en gospelsanger, Wintley Phipps het hom met sang bedien. Hy voel die liefde en het hom daarin verlustig totdat hy nie meer kon praat nie. Gister met familie rondom sy bed, het ek die heilige eer gehad om te sien hoe die man verantwoordelik vir my lewe sy laaste asem uitblaas. Ons kon voel hoe vrede die kamer binnekom by sy heengaan."
Sien die volle plasing hieronder:
Skakel in op die 'The Afternoon Drive', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Inside R85 million mansion with its own putt-putt course
We're taking a look inside this luxurious R85 million mansion for sale i...
Breakfast with Martin Bester 40 minutes ago -
Crazy video shows bakkie in a pool after an accident
That awkward moment when you take a turn too fast, crash through a wall,...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 23 hours ago