Philicity Reeken gesels met akteur Jarrid Geduld oor 'Indemnity'
Updated | By Scenic Drive With Rian
Philicity Reeken was in Kaapstad by die kykNET Silwerskermfees en het met die akteur Jarrid Geduld oor sy rol in die film 'Indemnity' gesels.
Vanjaar vier kykNET Silwerskermfees 10 jaar van bestaan.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins se prettige hennepartytjie
Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds vir ‘n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. As sulks is dit ‘n seminale platform vir visuele storievertellers. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontluikende talent.
Philicity Reeken was in Kaapstad by die Bay Hotel in Kampsbaai om die mylpaal te vier en het met die gewilde akteur Jarrid Geduld oor sy rol in die opwindende film, 'Indemnity' gesels.
LEES: TikTok-sensasie Janey en Waney laat duisende skaterlag
"Die film gaan oor 'n voormalige brandweerman van Kaapstad. Hy ly aan posttraumatiese stresversteuring as gevolg van 'n mislukte reddingspoging."
Wanneer 'Theo Abrahms' , gespeel deur Geduld, wakker word langs sy vermoorde vrou, kan hy glad nie onthou wat gebeur het nie, maar dit wil voorkom asof hy verantwoordelik is vir haar dood. Hy besluit om te vlug. Kort op sy spoor is 'Alan Shard', ’n geharde polisieman wat vasberade is om 'Theo' voor sy aftrede vas te trek. ’n Derde party raak betrokke en 'Theo' besef met skok daar’s ’n verband tussen die magte wat hom permanent wil stilmaak en 'n ondersoek van onwettige internasionale wapenhandel wat deur sy vrou gelei is.
LEES: Paartjie verloof danksy Facebook-groep
"Dit is 'n goedvoel-film en dit fokus op verskeie aspekte. Dit film is vervaardig deur Suid-Afrikaners vir Suid-Afrikaners - en ons moet verskriklik trots wees op hierdie film.
Aktrises Gail Mabalane en Nicole Fortuin is ook in die film te sien.
.@philicityreeken kuier in Kaapstad by die @SilwerskermFees. Akteurs @GailMabalane en @JarridGeduld is te sien in die film @IndemnityFilm. Saam met hulle op die bloutapyt is die pragtige Nicole Fortuin. #silwerskermfees @kykNETtv pic.twitter.com/vkF5P7gTGe
— The Scenic Drive (@JacaDrive) March 23, 2022
.@suidoostertv se pragtige Vashti Prins saam met haar kêrel @JarridGeduld wat te sien is in die film @IndemnityFilm. #silwerskermfees @kyknettv pic.twitter.com/O9g9Yhy3EI
— The Scenic Drive (@JacaDrive) March 23, 2022
Kyk die voorskou hieronder:
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
New WhatsApp bank card launches in SA
A new bank card has been launched that will enable South Africans to man...
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Cambridge Dictionary reveals its 2024 word of the year
This year's Cambridge Dictionary word of the year is all about positive ...
The Drive with Rob & Roz an hour ago