SA bekendes bring hulde aan Theuns Jordaan

SA bekendes bring hulde aan Theuns Jordaan

Die geliefde rasperstemsanger Theuns Jordaan is Woensdag in die ouderdom van 50 oorlede.

Theuns Jordaan
Verskaf/ Patricia Lewis

Suid-Afrikaners het Woensdag die hartseer nuus ontvang dat die geliefde sanger Theuns Jordaan oorlede is. 

Leukemie is in September verlede jaar by die sanger gediagnoseer en hy het sedertdien chemoterapie ontvang. 

LUISTER: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

Jordaan is nie net bekend vir sy rasperstem nie, maar ook vir sy liedjies soos 'Sal Jy Bly', 'Roeper' en sy gewilde duet met Juanita du Plessis, 'Bring Jou Hart.'

Sy eerste album, 'Vreemde Stad', is in 2000 uitgereik. 

Die bekroonde sangeres, Patricia Lewis, het aan die Scenic Drive genoem dat Jordaan en Shaleen Surtie-Richards langs mekaar gesit het tydens die program, 'Supersterre'.

"Hulle het langs mekaar gesit vir drie jaar. Hulle was soos twee stout kinders. Hy en Shaleen Surtie-Richards is nou bymekaar. Ek glo dit."

Surtie-Richards het in Junie vanjaar ’n paar dae ná die opname van haar tonele in 'Arendsvlei', onverwags afgesterf en vir ewig ’n leemte in ons harte gelos.

Luister na die huldeblyke hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ Patricia Lewis

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories