Sangsensasie Bernice West se tweede album is hier!
Updated | By The Afternoon Drive
Bernice West het in 2019 opslae gemaak in musiekkringe as naaswenner van 'Maak My Famous'. Sedertdien het dié borrelende Pretorianer al diep spore in die bedryf getrap.

Haar musiekloopbaan het in 2019 amptelik afgeskop en op die ouderdom van negentien het sy Suid-Afrika verteenwoordig deur die nasionale Volkslied te sing voor die toetswedstryd tussen die Springbokke en Argentinië.
Sedertdien het sy al ’n heelwat groot treffers uitgereik, waaronder Sonop-Blom (wat vir tien maande nommer 1 op Apple Music se ranglys was) en Die Hart. Haar musiekvideo’s is ook al meer as 14-miljoen keer gestroom op YouTube. Sy is ook die jongste Afrikaanse sanger wat nog ooit vir ’n SAMA genomineer is.
LEES: Amerikaanse musieklegende doen goed ná flouword-voorval
Bernice West het in 2019 opslae gemaak in musiekkringe as naaswenner van Maak My Famous. Sedertdien het dié borrelende Pretorianer al diep spore in die bedryf getrap. Nie net het sy ’n suksesvolle album, talle nommer-een-treffers en ’n rits toekenningbenoemings op haar kerfstok nie, maar sy is ook te sien in die gewilde Inhoud Huis-musiekblyspel, Die Gelofte, wat tans op die planke is by die AfriForum Teater in Pretoria.
KYK: Wayde Van Niekerk keer terug met 44.58 sekondes in die 400m
Maar dis nie al waarmee sy op die oomblik doenig is nie. Haar tweede album, 'Jona', is pas vrygestel en beloof om bewonderaars se stoutste verwagtinge te oortref. Volgens die een-en-twintigjarige sanger en liedjieskrywer kombineer haar nuutste vrystelling ’n wye verskeidenheid genres, van alternatief en rock tot folk en pop, om ’n vars en unieke klank te skep waarby almal sal aanklank vind.
'Jona' is nou beskikbaar op alle digitale platforms.
Skakel in op die 'The Afternoon Drive', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Making iconic Italian dishes: Brutti e Buoni and Risotto
For the third stop of 'Taste of Global,' 'Breakfast with Martin Bester' ...
Breakfast with Martin Bester 16 minutes ago -
SA ranks among top 5 most dangerous countries worldwide
When it comes to crime rates, South Africans live in one of the most dan...
Breakfast with Martin Bester an hour ago