'Siende Blind' bring spanningsvolle familiedrama tydens grendeltyd
Updated | By Scenic Drive With Rian
Die nuwe kykNET drama, 'Siende Blind', handel oor ’n profielsamesteller van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat die grendeltyd saam met haar man, sy seun en haar skoonma bestee.

Kort voor lank bevind sy haarself op ’n paadjie wat kronkel soos sy ou sake herbesoek en ontdek dat daar ’n reeksmoordenaar veel nader aan haar is as wat sy ooit sou kon dink.
Die storie van Lena Schoeman, wat vertolk word deur Liezl de Kock, speel af teen die agtergrond van haar man en skoonma se familie en hul verlede.
FOTO'S: Aktrise Simoné en Andries Pretorius deel groot nuus!
Haar skoonma, Marinette, wat vertolk word deur Hanli Rolfes, se oorbeskermende gedrag by die huis verseël ’n donker geheim. Lena se man, Roelof, vertolk deur Pietie Beyers, is veel jonger as wat sy is en trek boonop saam met sy paranoïese seun, Henry, by sy ouerhuis in tydens die lockdown.

Soos die dae verloop en Lena al hoe meer agterdogtig raak vir haar skoonfamilie, bereik die spanning tussen almal ’n gevaarlike kookpunt.
'Siende Blind' is een van eerste dramas wat tussen die grendeltydperk verfilm is met al die nodige en vereiste veiligheidsmaatreëls. Hierdie kort en vinnige dramareeks bestaan uit slegs vyf akteurs in die rolverdeling en sal oor vier episodes die boeiende familiedrama van die Schoeman’s volg.
* 'Siende Blind' begin Dinsdag 24 November om 20:30 op kykNET, DStv-kanaal 144.
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 13 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 13 hours ago