Simoné deel oulike foto's van haar Harper
Updated | By Scenic Drive With Rian
Kyk net daardie pragtige glimlag.

In Oktober het die gewilde aktrise, Simoné Pretorius aangekondig dat sy swanger is met haar eersteling.
"My swangerskap is my grootste geskenk hierdie jaar. Ons het nie gedink ons sou so vinnig swanger raak nie, so ons dogtertjie is ons grootste geskenk. Ek raak sommer emosioneel. Ons is só dankbaar en só opgewonde oor haar koms," het Simoné in Desember aan Jacaranda FM genoem.
LEES: "Ons dogtertjie is ons grootste geskenk" - Simoné Pretorius oor haar swangerskap
In April, het Simoné en haar man, Andries, nóg opwindende nuus gedeel. Die glanspaartjie het hul eersteling se naam met aanhangers op Instagram gedeel.
"Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie, Harper Harvest Pretorius," het Simoné geskryf.
LEES: Simoné en Andries deel babanaam met aanhangers
Die naam beteken "'n Instrument in God se hande". Baba Harper is Maandagmiddag op 3 Mei gebore.
Op Dinsdagaand het Sinomé die oulikste foto's van Harper gedeel. "Behoorlike bekendstellingstyd," het sy op Instagram geskryf.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Instagram/ Andries Pretorius
Show's Stories
-
LOOK: Iconic TV house goes on sale for R250 million
Few people can keep up with this price!
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
LISTEN: Passengers scolded for gross backseat behaviour
Where are public displays of affection appropriate?
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago