"Vandag is 'n bitter bitter bitter hartseer dag" - Bekendes vereer Vrouekeur-tydskrif
Updated | By Dean Paulse
Op Dinsdag, het Vrouekeur die nuus aangekondig dat hul die tydskrif tot verdere kennisgewing sluit.
"Die afgelope bykans tien jaar as deel van die Vrouekeur-span 'n ervaring was wat geen geld kan koop nie."
Só het Eldaleen Hugo, redakteur van die tydskrif, lesers vir hul ondersteuning oor die jare bedank. Dit volg 'n aankondiging dat tydskrifte by Caxton Magazines (insluitende Vrouekeur) gaan sluit.
LEES OOK: "We are in this together" - Tannie Evita Bezuindenhout
"Baie dankie vir elke boodskap wat ons op alle platforms kry om die Vrouekeur-span in hierdie baie slegte tyd moed in te praat en te ondersteun. Ons is tans nog self in die duister oor presies wat als aan't gebeur is en wat die (baie) nabye toekoms inhou."
Hugo voeg by dat dit haar altyd sal bybly as 'n besonderse tyd in haar lewe saam met besonderse mense.
Aan elke leser wil ons sê: Baie dankie vir jul lojale ondersteuning deur die jare- Eldaleen Hugo
"Ons kyk tans na moontlikhede om die tydskrif "op eie stoom" te laat voortbestaan, maar dit kan ons net doen as dit 'n deurdagte besluit is en dit finansieël besonder gesonde sin maak en dit hoegenaamd 'n moontlikheid is om te ondersoek - en dis als nog baie tentatief.
Daar is nog drie Mei-uitgawes in die produksielyn voor die tydskrif moet groet. Die laaste uitgawes word sal op 15 Mei, 22 Mei en 29 Mei op die rakke wees.
View this post on InstagramA post shared by Vrouekeur Tydskrif (@vrouekeur) on
"Vandag is 'n bitter bitter bitter hartseer dag"
Sedert die aankondiging, het talle bekendes en ander die tydskrif vereer vir hul harde werk, tyd en waardevolle leesmateriaal.
"Ek het vir jare vir hul geskryf - en dit breek my hart," so het Rian van Heerden genoem. Bekendes soos Willem Botha, Altus Theart, Armand Aucamp en Christel van den Berg het boodskappe van dank op hul sosiale platforms gedeel.
Willem Botha
View this post on InstagramA post shared by Willem Botha (@willembotha) on
Altus Theart
View this post on InstagramA post shared by Altus Theart (@altustheart) on
Armand Aucamp
View this post on InstagramA post shared by A R M A N D - A U C A M P (@armandaucamp) on
Christel van den Berg
View this post on InstagramA post shared by Christel van den Bergh (@christelvdbergh) on
Show's Stories
-
It was love at first sight for monkey and girl
This shows an entirely different side to vervet monkeys.
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
Shocking accident at the N4 tollgate in Pretoria
What in the world? That question is likely to cross your mind after seei...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago