Veteraan-akteur Gavin van den Berg gesels oor sy toneelstuk 'Koekeloer!'
Updated | By Scenic Drive With Rian
Veteraan-akteur Gavin van den Berg, wat in die 80's bekendheid verwerf het as 'Jacques Rynard in die TV-reeks 'Ballade vir 'n Enkeling', gesels met Rian van Heerden oor sy nuwe toneelstuk, 'Koekeloer.'
![Gavin van den Berg](https://turntable.kagiso.io/images/fa19ad66-2d93-49a7-9ffb-df4a50878a9f.width-800.jpg)
Veteraan-akteur Gavin van den Berg het geen bekendstelling nodig nie.
In die 1980's het van den Berg bekendheid verwerf vir sy rol as 'Jacques Rynard' in die TV-reeks, 'Ballade vir 'n Enkeling.'
LEES OOK: Rian van Heerden tastes South Africa's first 'dagga' pizza!
Nou vertolk hy die rol van ds. Vilonel (Voëltjie) de Groot in 'Koekeloer' - 'n man wat vinnig sy statigheid verloor wanneer hy met die fyner kant van sekere kledingstukkies te doen kry.
'Koekeloer' is 'n splinternuwe komedie uit die pen van Braam van der Vyver. Dié komedie speel af in ‘n woonstel in Stellenbosch tydens die finale rondte van die Koekedoor-kompetisie. Die twee finaliste, Marie Coleské, ‘n oujongnooi van Koekenaap, en Marié Kok, ‘n lingerie model van Ruimsig, moet sake in die finaal uitspook en mekaar uitoorlê met hulle vernuftige (en by tye agterbakse) bak-en-brou-planne.
Rian van Heerden gesels met die legendariese akteur oor sy reis as akteur en oor sy die nuwe toneelstuk, 'Koekeloer.'
Luister na hul volle gesprek bo aangeheg.
Show's Stories
-
Here's how much the average government employee earns
It might be time to start looking into government job opportunities...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago -
VIDEO: 'White Lotus' returns with steamy Thailand romp
Frisky tourists, searing heat and monkeys: Thailand was the perfect sett...
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago